NewsNews

Afriforum lê klag na Facebook uitlatings

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister (10 Mei) strafregtelike klagtes by die Lyttelton-polisiestasie teen die persoon agter die Thandiswa Mawisa Facebook-profiel gelê. Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister (10 Mei) strafregtelike klagtes by die Lyttelton-polisiestasie teen die persoon agter die Thandiswa Mawisa Facebook-profiel gelê. Dié klagtes hou verband met verskeie onlangse boodskappe wat sy op Facebook geplaas …

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister (10 Mei) strafregtelike klagtes by die Lyttelton-polisiestasie teen die persoon agter die Thandiswa Mawisa Facebook-profiel gelê.

Dié klagtes hou verband met verskeie onlangse boodskappe wat sy op Facebook geplaas het, haatspraak, intimidasie en aanhitsing tot geweld insluit.

Mandiswa het ook ’n foto van ’n ander Facebook-gebruiker se dogter afgelaai waarna dit só aangepas is dat dit lyk asof die kind in ’n skut se visier is. Die woorde “Bullet between the devil eyes” is onderaan die gedokterde foto ingevoeg.

“Hoewel AfriForum reeds honderde klagtes van haatspreek, intimidasie, rassisme en aanhitsing tot geweld op sosiale media ontvang het, is ons geskok dat ’n onskuldige kind op so ’n aaklige wyse by dié debat ingesleep word. Ons het daarom besluit om die beëdigde verklaring onmiddellik in te dien,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

AfriForum het die SAPD versoek om die persoon agter die Thandiswa Mawisa-rekening te  identifiseer en aan die pen te laat ry. Om die proses aan te help, het AfriForum die polisie versoek om gereelde terugvoer oor die aangeleentheid te gee en ook enige hulp aangebied wat die organisasie moontlik kan gee.

 

“Ons het ’n toenemende geneigdheid onder mense opgemerk wat sosialemediaplatforms soos Facebook en Twitter gebruik om rassisme aan te wakker, dreigemente te rig en geweld aan te hits. Ons hoop van harte dat die polisie ’n deeglike ondersoek sal loods en die verantwoordelike persoon sal straf. Ons nooi die publiek uit om aan te hou om voorbeelde van rassisme, haatspraak en geweldaanhitsing aan rasklag@afriforum.co.za te stuur,” sê Roets.

AfriForum is tans besig om ander wyses te ondersoek om rassisme, haatspraak en ander oortredings op sosiale media hok te slaan.

Related Articles

Back to top button