NewsNews

SAUK wil uitsaai

Hofverrigtinge in die Rondgaande Hoë Hof in Parys  is vandag (8 Mei) uitgestel na môre om 12:00 hangende ‘n dringende aansoek van die openbare uitsaaier. Die SAUK  se advokate Terry Motau en Stuart Scott het namens die uitsaaier  die aansoek gebring om kameras in die hof te kan hê tydens die verhoor van Boeta van …

Hofverrigtinge in die Rondgaande Hoë Hof in Parys  is vandag (8 Mei) uitgestel na môre om 12:00 hangende ‘n dringende aansoek van die openbare uitsaaier.

Die SAUK  se advokate Terry Motau en Stuart Scott het namens die uitsaaier  die aansoek gebring om kameras in die hof te kan hê tydens die verhoor van Boeta van der Westhuizen (47) en sy seun Loedie (18),  Anton Loggenberg (50) en sy seun Cor( 20),  kapt. Henk Prinsloo (47), en Miela Jansen van Vuuren (23) wat tereg staan op 2 klagte van moord na die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa. Boeta van der Westhuizen en Loedie van der Westhuizen word ook naas die twee klagte van moord aangekla vir regsverydeling. Al 6 pleit onskuldig op die klagtes.

Die uitsaaier voel dit is in openbare belang om die verhoor uit te saai  en ook van die beeldmateriaal op van sy ander kanale te gebruik.

Die saak teen die 6 spruit uit ‘n voorval op 6 Januarie 2016 toe mnr. Loedie van der Westhuizen Sr (pa van Boeta en oupa van Loedie)  op sy plaas Biesiesbult in die Weiveld-distrik aangeval is. Hy kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk waarop boere en ander inwoners van die omgewing  kom help het en die vermeende plaasaanvallers gearresteer het. Die staat voer aan dat die beskuldigdes Jubeda en Tjixa glo sodanig aangerand het dat hul later aan hul beserings beswyk het.

Regter Corné van Zyl het gesê die strafregtelike verhoor kan nie voortgaan terwyl  die SAUK se aansoek nog hangende is nie en sal môre die aansoek aanhoor.

Advokate Jabulani Mlotshwa en Sandile Mthethwa verskyn vir die staat, terwyl advokate Hans de Bruin en Nico Dreyer, saam met die prokureurs, Kobus Burger, Gideon Mandelstam en Hannes Grimbeek vir die beskuldigdes verskyn.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button