NewsNews

Vier inbrake en diefstal by ‘veilige’ weermagbasis skok

’n Militêre basis is veronderstel om een van die veiligste plekke te wees om in te woon. Illustration photo ’n Militêre basis is veronderstel om een van die veiligste plekke te wees om in te woon. So meen Luciano Langfred, een van vier inwoners van die militêre basis by wie se huise daar glo vroeg …

police,saps

Illustration photo

’n Militêre basis is veronderstel om een van die veiligste plekke te wees om in te woon.
So meen Luciano Langfred, een van vier inwoners van die militêre basis by wie se huise daar glo vroeg Sondagoggend ingebreek is.
Luciano se pa, ma, ouma, broer en suster was almal by die huis toe die inbraak plaasgevind het.
“Hulle het almal geslaap. Die inbrekers was in almal se kamers en het die selfone en my ma se skootrekenaar reg langs hulle beddens gevat.”
Hy sê hy is net dankbaar dat niemand wakker geword het nie, want hy weet nie wat die inbrekers sou doen as iemand hulle gesien het nie.
Volgens hom het die inbrekers toegang tot die huis verkry deur die agterdeur met ’n skroewedraaier los te maak.
Hulle het blykbaar ook die voertuie se sleutels uit die kombuis geneem om die klankstelsels binne die voertuie te probeer steel en het die sleutels daarna weer netjies in die kombuis teruggesit.
Die gesin het ’n rooi en wit Lenovo skootrekenaar met hartjies op, twee pienk en wit Blackberry 9720 selfone en ’n Samsung Tab3 Lite verloor.
Die skade word op sowat R10 000 gereken.

Related Articles

Back to top button