NewsNews

Snotkop kom kuier die naweek in V’ging

VEREENIGING. – Indien jy planne het vir die naweek van 5 en 6 Mei, kanselleer dit onmiddellik as jy nie na die tyd spyt wil wees omdat jy uitgemis het op ‘n naweek van pret en plesier by die Eureka Vaal Ster-fees nie. Snotkop Verlede jaar se Eureka fees was so ‘n groot sukses dat …

Snotkop

Verlede jaar se Eureka fees was so ‘n groot sukses dat dit vanjaar nog groter en beter gaan wees. Eurekaskool hou die fees vanjaar by die sportgronde van Phoenix High (ou HTS Vereeniging) en dit beloof om genoeg vermaak vir oud en jonk te verskaf. Die fees se doel is om fondse in te samel vir Eureka Skool vir gestremde kinders.

Tjiff en Tjaff gaan weer vir die jongklomp kom kuier, terwyl jy lekker saam met kunstenaars soos Snotkop, Chané Valentine, Dewald Wasserfall, Sean Miles, Ricky Faber & Band, Juan Boucher, Ricus Nel & Band, Bianca Goosen, Lorrindé Smit en Stephen Marx kan sing en dans.
Vir 4×4-geesdriftiges sal daar ook ‘n Vaal Toyota 4×4-baan wees waar jy lekker pret kan hê. Saterdagoggend kan jy jou vroeg uit die vere maak en aan die Spur Breakfast Fun Run om 08:00 deelneem.
Inskrywings vir King and Queen of the Vaal is reeds oop en die kroning vind van 12:00 – 13:00 plaas. Skakel Christelle by 076 063 1796 vir meer inligting oor die kompetisie.
“Dit beloof om ‘n naweek vol pret en plesier vir die hele gesin te wees,” sê Santie van Tonder.
Die mallemeule sal jonk en oud plesier verskaf, terwyl feesgangers ook kan uitsien na die helikopter flips en Motorklub RSA se uitstalling. Vir die hongerpyne is daar heerlike kosstalletjies en natuurlik iets te drinke.
Vrydag open die hekke om 14:00 en die program lyk as volg:
15:00 – Tjiff en Tjaff vertoning
16:00 – Chané Valentine
17:00 – Ricky Faber & Band
18:00 – Dewald Wasserfall
19:00 – Rickus Nel & Band
Saterdag se program is propvol en hekke open om 10:00. Voor die hekke open sal die Spur Breakfast Fun Run om 08:00 gehou word.
Die res van die program lyk so:
11:00 tot 12:00 – King & Queen of the Vaal 2017
12:00 tot 13:00 – Kroning
13:15 tot 14:00 – Eureka Gumboots & Line Dancers
14:00 tot 14:45 – Hip Hop Dansers van Phoenix High
15:00 tot 15:30 – Bianca Goosen
15:30 tot 16:00 – Lorrindé Smit
16:00 tot 16:45 – Stephen Marx
17:00 tot 17:45 – Sean Miles
18:00 tot 19:00 – Juan Boucher
19:00 – Snotkop
Die koste beloop R50 per persoon en kleuters kan gratis ingaan. Vir nadere besonderhede skakel Santie by 073 181 4096.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button