NewsNews

Weet wie en wat is die GPF

Gemeenskappolisiëring snoer die polisie en die gemeenskap saam wat die oplos van misdaadprobleme betref. Die Gemeenskap Polisie Forum (GPF) van Parys funksioneer in terme van Hoofstuk 7 van die Wet op die Suid Afrikaanse Polisie Diens 68 van 1995. Die doel van ‘n GPF is om ‘n veilige omgewing vir die gemeenskap te skep en …

Gemeenskappolisiëring snoer die polisie en die gemeenskap saam wat die oplos van misdaadprobleme betref. Die Gemeenskap Polisie Forum (GPF) van Parys funksioneer in terme van Hoofstuk 7 van die Wet op die Suid Afrikaanse Polisie Diens 68 van 1995.
Die doel van ‘n GPF is om ‘n veilige omgewing vir die gemeenskap te skep en daarom sluit die doelwitte in –
• Die GPF help die polisie en die plaaslike gemeenskap om saam te werk en om vennote teen misdaad te wees;
• Hul identifiseer en los probleme rondom misdaad, wanorde, vrese en swak dienslewering deur die polisie op;
• Hul verbeter kommunikasie tussen die polisie en die gemeenskap;
• Hul vind wyses om die polisiediens meer deursigtig en verantwoordelik te maak;
• Hul spoor die media aan om billik en regverdig te wees in hul rapportering oor die polisie;
• Hul monitor die polisiediens, insluitende klagtes, besoeke aan selle en patrollering;
• Hul help verskillende etniese groepe om beter saam te werk;
• Die GPF tree altyd op ‘n volwasse en beleefde wyse op teenoor die polisie.
Die Parys Gemeenskap Polisie Forum bestaan uit ‘n Uitvoerende Komitee met Anne-marie du Toit as Voorsitter, Pieter Kemp as Onder-Voorsitter, Johann Roos Jnr as Sekretaris, Marius van Reeuwyk as Skakelbeampte en Patrollies, en Ben Nel en Bok Ludwick as Addisionele Lede. A/O Jan Le Roux is die Gemeenskap Polisie Offisier en A/O Herbert Beckmann die Sektor Bevelvoerder.
Tans funksioneer Landelike- en Gemeenskapsveiligheid (LGV) met Pieter Kemp as spreekbuis, in vennootskap met die Parys GPF en is 5 (vyf) Sektor Polisiëring Komitees in die lewe geroep, met Arno de Swardt as sektorleier van Sektor 1; Fanie Connoway van Sektor 2; Theo Dunn van Sektor 3; Roelf Keulder van Sektor 4; en Sonja van Rhyn van Sektor 5.
LGV se nood telefoonnommer word 24 uur beman deur Parys Sekuriteit, en lede van die publiek kan 076 683 4544 skakel om met LGV in verbinding te tree wat misdaad betref. LGV via Parys Sekuriteit rapporteer dan die voorval aan die Parys Polisiestasie.
Die Emunah Foundation onder leiding van Colin en Sonja Viljoen bied ook gespesialiseerde dienste aan wat slagoffer bemagtiging betref as deel van die Parys GPF.
Enige lid van die publiek wie ontevrede is met dienslewering deur die polisie kan hul ontevredenheid rapporteer deur gebruik making van die telefoonnommer 071 478 8391 daarvoor.

Related Articles

Back to top button