NewsNews

Selfverdediging – dit kan jou lewe red

’n Selfverdedigingskursus wat die afgelope drie maande met groot sukses in Parys aangebied is, is verlede week afgesluit. Dit is reeds die sesde jaar dat die kursus deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn aangebied is as liefdadigheidsprojek vir Parys en sy gemeenskap. ’n  Kursus is vroeër vanjaar ook van Februarie tot April aangebied. Die …

’n Selfverdedigingskursus wat die afgelope drie maande met groot sukses in Parys aangebied is, is verlede week afgesluit.
Dit is reeds die sesde jaar dat die kursus deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn aangebied is as liefdadigheidsprojek vir Parys en sy gemeenskap.
’n  Kursus is vroeër vanjaar ook van Februarie tot April aangebied. Die kursusse word in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos aangebied en slegs ’n eenmalige fooi van R100 word gevra vir die drie maande kursus. Ingesluit in die R100 fooi is ’n sertifikaat (moet 80% bywoning hê) en ’n Japanese handwapen.
Die volgende kursus begin die eerste Woensdag in Augustus en duur tot einde Oktober.
Met misdaad wat ’n harde realiteit in Suid-Afrika is en mense daagliks raak, word selfverdediging ’n al hoe belangriker vaardigheid om aan te leer.
Al onthou jy net ’n paar basiese begrippe, het jy reeds ’n voorsprong in ’n  situasie waar jy dalk genoodsaak is om jouself te beskerm.
Boonop is dit nie moeilik of verg besondere fiksheid nie – net die gewilligheid om te leer.
Mans, vrouens en kinders kan die kursusse bywoon – oud of jonk, maak nie saak nie.
Parysenaars het jaarliks die geleentheid om hierdie vaardighede te kan aanleer. Maak gebruik van die geleentheid. Vir meer inligting skakel Sonja van Rhyn by 082 327 4250 of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums.

Related Articles

Back to top button