NewsNews

Skenk bloed in Parys en gee ‘n moeder ‘n toekoms!

    Moedersdag word in Mei gevier en ons is bewus van die belangrike rol wat hierdie spesiale mense in ons lewens speel.  Moeders is van die mees algemene gebruikers van bloed weens komplikasies tydens geboorte.  Maak seker dat daar genoeg bloed vir ons moeders.   Elke jaar, sterf meer as 500 000 vroue onnodig …

 

 

Moedersdag word in Mei gevier en ons is bewus van die belangrike rol wat hierdie spesiale mense in ons lewens speel.  Moeders is van die mees algemene gebruikers van bloed weens komplikasies tydens geboorte.  Maak seker dat daar genoeg bloed vir ons moeders.

 

Elke jaar, sterf meer as 500 000 vroue onnodig tydens swangerskap of bevalling. Ernstige bloeding sonder toesig kan selfs ‘n gesonde vrou binne twee ure laat sterf en dra by tot die dood van tot soveel as 44% van moeders in Afrika. Tot en met 25% van alle moedersterftes kan voorkom word deur toegang tot veilige bloed.

 

Bykans 26% van bloed in Suid-Afrika word jaarliks gebruik vir vroue wat ‘n bloedoortapping benodig tydens bevalling of vir ginekologiese gevalle.

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) eer alle vroue-skenkers wat gereeld bloed skenk om die lewens te red van mense wat hulle nie ken nie.

 

SANBS nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 9 Mei 2017 by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button