NewsNews

Haai-aanval by bekende kusdorp

‘n 14-Jarige branderplankryer is Saterdag deur vermoedelik ‘n witdoodshaai gebyt by Keurbooms in Plettenbergbaai. Illustrasie foto Volgens die NSRI (Nasionale Seereddingsinstituut) is die spesie en grootte van die haai nog nie bekend nie, maar kenners meen dit is ‘n witdoodshaai van ongeveer twee meter as jy na die bytmerk kyk. Die NSRI-span is net na …

Illustrasie foto

Volgens die NSRI (Nasionale Seereddingsinstituut) is die spesie en grootte van die haai nog nie bekend nie, maar kenners meen dit is ‘n witdoodshaai van ongeveer twee meter as jy na die bytmerk kyk.

Die NSRI-span is net na 17:00 ontbied en met hul aankoms het hulle die 14-jarige seun, van Port Elizabeth, aangetref waar hy deur medici op die toneel behandel is. Hy het bytmerke en laserasies aan sy regterkuit gehad.

Ten tye van die voorval was die seun saam met twee ander op sy branderplank. Hy het die vin gesien en toe ‘n stamp gevoel gevolg deur die byt. Hy het die brander geneem wat hom tot op die strand gebring het waar hy hulp ontvang het.

Die NSRI het vakansiegangers gewaarsku dat hulle op die uitkyk moet wees wanneer hulle strand toe gaan in die Plett-omgewing omdat daar ‘n groot aantal witdoodshaaie opgemerk is.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button