NewsNews

Vier sterf op pad terug van ‘It’s Time’ byeenkoms

Vier mense is Saterdagaand, 22 April omstreeks 22:00 op die N12 in ‘n motorongeluk dood. Mnr. Patrick McCord (66) wat in ‘n ongeluk op die N12 dood is. Hy was op pad terug van die It’s Time byeenkoms in Bloemfontein. Foto: Facebook Dustin Wetdewich Vier mense is Saterdagaand, 22 April omstreeks 22:00 op die N12 …

Mnr. Patrick McCord (66) wat in 'n ongeluk op die N12 dood is. Hy was op pad terug van die It's Time byeenkoms in Bloemfontein. Foto: Facebook

Mnr. Patrick McCord (66) wat in ‘n ongeluk op die N12 dood is. Hy was op pad terug van die It’s Time byeenkoms in Bloemfontein. Foto: Facebook

Dustin Wetdewich

Vier mense is Saterdagaand, 22 April omstreeks 22:00 op die N12 in ‘n motorongeluk dood.
Die vier oorledenes, waarvan een ’n 10-jarige dogtertjie, was vanaf Bloemfontein na Pretoria onderweg nadat hulle die It’s Time byeenkoms in Bloemfontein bygewoon het.
Een van die oorledenes, mnr. Patrick John McCord (66), se dogter het ’n pleidooi op Facebook gerig om na hom te soek, nadat haar pa nie tuisgekom het nie. Sy het later verneem dat hy in dié ongeluk dood is.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die oorledenes Maandag deur familielede uitgeken. Die ander oorledenes is me. Gerbrecht Johanna Weyers (58), me. Johanette Renecke (48) en die 10-jarige dogtertjie. Al vier oorledenes was in dieselfde voertuig ten tyde van die ongeluk.

Ses ander mense is ook tydens die ongeluk, wat sowat 20 kilometer vanaf Potchefstroom gebeur het, beseer. Volgens Chaka het dié voertuig, ’n Audi, met die RAV 4 gebots. Daar word vermoed dat die RAV vroeër gerol en tot stilstand gekom het, waarna die Audi daarmee gebots het.

“Volgens die bestuurder van die Audi het hulle die RAV glo te laat gesien sodat hulle ‘n botsing kon vermy.
“Daar was ook twee kinders in die ander voertuig wat beseer is,” het Chaka gesê.

Paramedici van ER24 en IMR ambulansdienste het op die toneel gekom waar hulle die erg beskadigde RAV gevind het. Beseerdes is vir verdere behandeling na die Potchefstroom hospitaal geneem.

Die N12 is vir verkeer gesluit, waarna die verkeer na een baan herlei is. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel. Volgens Chaka word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button