Spur is jammer, hier is hul plan van aksie
Die restaurantgroep Spur het hul aksieplan aangekondig na die voorval by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum verlede maand. Die video waar ‘n man en vrou mkaar verskree en byna te lyf gaan is wyd op sosiale media gedeel en het groot reaksie ontlok. Dit is na die vrou se kind glo die man se …
Die video waar ‘n man en vrou mkaar verskree en byna te lyf gaan is wyd op sosiale media gedeel en het groot reaksie ontlok. Dit is na die vrou se kind glo die man se kind in die speelarea geboelie het.
Spur het in ‘n verklaring gesê dat hulle graag die publiek om verskoning wil vra en dat hul reaksie tekort geskiet het het en nie aan hul gewone hoë standaarde voldoen het nie. Luidens die verklaring het die groep ma die voorval aan ‘n aksieplan gewerk om sy tekortkomings in die hantering van die saak aan te pak.
‘n Paneel kenners sal saamgestel word om ‘n indiepte ondersoek van die voorval op 19 Maart te doen. Prof. Elmien du Plessis van die regsfakulteit aan die Noorwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is genader om hiermee te help.
Die paneel sal onafhanklik wees en onbeperkte toegang hê tot alle feite en opnames rakende dié voorval. Dit is egter onbekend hoe lank die ondersoek sal duur.
Intussen het Spur ook stappe geneem om ‘n nasionale aksieplan van stapel te stuur om die verhouding tussen kinderopassers en kinders in die speelarea te verbeter, sodat daar meer volwasse toesig is. Daar is verder ook ‘n heropleidingsaksie begin om die kundigheid en vaardighede van kinderopassers op te skerp.