NewsNews

Fliek Vlooi: Fantastiese monsters maak jou kinderlik opgewonde

Dit vat nie ’n geharde Harry Potter-fanatikus om hierdie fliek te waardeer vir wat dit is nie. Die fliek is magies en laat jou weer van voor af terug verlang na die eerste Harry Potter, waar ’n wêreld van toorkuns en fantastiese gebeure vir die eerste keer vir jou oopgemaak is. Fantastic Beasts and Where …

Fantastic Beasts and Where to Find Them is ’n 2016 fantasie fliek wat geskryf en vervaardig is deur elke Harry Potter aanhanger se held, J.K. Rowling.

Hierdie fliek is deel van Rowling se Wizarding World-reeks, wat begin het met die Harry Potter flieks. Fantastic Beasts and Where to Find Them speel af in ‘n fiksionele 1926 toe die Britse towenaar en magiese dierkundige, Newt Scamander (Eddie Redmayne), New York toe kom in sy soeke na die een of ander rare magiese gedierte.

Hier bevind hy hom alleen, met ’n tas vol fantastiese towerdiere in ’n stad waar hekse en towenaars as gevaarlike vyande gesien word. Om dinge erger te maak, ontsnap van sy monsters uit die tas, en moet hy hulle vang voor hulle te veel skade in die stad aanrig. Kort voor lank hardloop hy hom vas in Tina Goldstein (Katherine Waterston), ’n voormalige heksejagter, wat hom uiteindelik help om sy monsters op te spoor, en ’n nóg groter, nóg gevaarliker gedierte deur die strate van New York te jaag.

Dit vat nie ’n geharde Harry Potter-fanatikus om hierdie fliek te waardeer vir wat dit is nie. Die fliek is magies en laat jou weer van voor af terug verlang na die eerste Harry Potter, waar ’n wêreld van toorkuns en fantastiese gebeure vir die eerste keer vir jou oopgemaak is.

Ek gee Fantastic Beasts and Where to FindThem 8/10. Dit maak jou kinderlik opgewonde en motiveer jou om al jou ou Harry Potter boeke af te stof en weer te begin lees. Ek sal die fliek vir enige iemand aanbeveel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button