NewsNews

Besluit oor nuwe SR-strukture moet nog kom

“Op die oomblik werk elke kampus se studenteraad nog baie onafhanklik, met die institusionele raad wat meer van ’n adviserende rol speel,” het Maritz Paul Maritz, voorsitter van die Potchefstroom Kampus en Institusionele studenteraad. Foto: Marianke Saayman Dustin Wetdewich Die nuwe studenteraad-strukture soos deur die NWU se nuwe statuut bepaal, moet nog deur die raad …

Paul Maritz, voorsitter van die Potchefstroom Kampus en Institusionele studenteraad. Foto: Marianke Saayman

Paul Maritz, voorsitter van die Potchefstroom Kampus en Institusionele studenteraad. Foto: Marianke Saayman

Dustin Wetdewich

Die nuwe studenteraad-strukture soos deur die NWU se nuwe statuut bepaal, moet nog deur die raad van die NWU goedgekeur word.

Volgens Paul Maritz, voorsitter van die Potchefstroomkampus se studenteraad asook die institusionele studenteraad, het hy ’n voorstel gemaak dat elke kampus steeds sy eie kampusstudenteraad verkies, maar dat daar ’n oorkoepelende verteenwoordigende studenteraad (VSR), wat uit al drie kampusse bestaan, gekies word om studente by die hoogste NWU strukture te verteenwoordig.

“Op die oomblik werk elke kampus se studenteraad nog baie onafhanklik, met die institusionele raad wat meer van ’n adviserende rol speel,” het Maritz gesê.

Dié nuwe struktuur sal toesien dat die VSR meer bedryfsfunksies verrig.
Die voorstel is dat die 15 lede van die VSR proporsioneel bepaal word aan die hand van hoeveel studente op elke kampus kan stem. Dus sal die grootste kampus die meeste verteenwoordiging in die raad geniet.

Volgens Maritz is die voorstel gemaak om die hele proses so demokraties as moontlik te maak.
Volgens hom sal ’n lid van die VSR altyd deel van ’n kampusstudenteraad wees. Dit is egter afhanklik van die raad se goedkeuring in Junie.

Maritz sê dat daar nog ’n paar prosesse is om deur te werk om presies te kan sê hoe die samestelling van die kampusstudenterade gaan lyk en watter portefeuljes daar gaan wees.
As die raad die voorstel goedkeur, sal die nuwe stelsel vanaf 1 September in werking tree.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button