NewsNews

“Optog rookskerm vir vandalisme” sê VF+

“Die bewering dat die plundering en die brand van winkels en woonhuise in Coligny die gevolg is van ʼn rassevoorval waar ʼn boer die dood van ʼn twaalfjarige swart seun veroorsaak het, is bloot ʼn rookskerm om winkels in Coligny te plunder,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in ‘n verklaring gesê.… …

“Die bewering dat die plundering en die brand van winkels en woonhuise in Coligny die gevolg is van ʼn rassevoorval waar ʼn boer die dood van ʼn twaalfjarige swart seun veroorsaak het, is bloot ʼn rookskerm om winkels in Coligny te plunder,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in ‘n verklaring gesê.

Met Groenewald se besoek vandag (25 April)  aan Coligny om vas te stel wat die oorsaak van die gewelddadigheid is, en hoe die situasie tans daar uitsien het hy ondermeer ‘n gesprek gevoer met die polisie-generaal wat in operasionele beheer van die omgewing staan en is die versekering gegee dat die situasie onder beheer is en dat polisie-versterkings op pad is om die geweldpleging die hoof te bied.

Die situasie is nou onder beheer gebring en die polisie het onderneem om ander private wonings op die dorp te beveilig.

Volgens Groenewald was dit veral opvallend dat feitlik al die drankwinkels op die dorp, insluitende die hotel se kroeg, geplunder is. Twee privaatwonings wat aan die kant van die dorp, naby die informele nedersetting geleë is, is ook afgebrand deur betogers.

“Ek het gisteraand ook met die nasionale kommissaris van polisie gepraat oor verdere versterkings omdat die polisie aanvanklik nie genoeg lede op die brandpunte gehad het nie en omdat hulle aandag gefokus was op Lichtenburg, sowat 30km van Coligny.

“Die gemeenskap self is ook goed georganiseer en by geleentheid moes gemeenskapslede die polisie bystaan omdat daar slegs een Nyala-voertuig met sowat ses polisielede teenwoordig was.

Dr. Pieter Groenewald tydens ‘n besoek aan Potchefstroom. FOTO: Dustin Wetdewich

“Ek spreek my dank uit teenoor die gemeenskapslede wat weereens getoon het ons moet in noodsituasies self paraat en gereed wees omdat daar nie te alle tye van die polisie verwag kan word om die publiek en hul eiendom op kort kennisgewing te beveilig nie,” hy gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button