NewsNews

ANTIEKMARK IS OM DIE DRAAI

Indien  jy graag ‘n kunswerk of oudheid wil laat waardeer, is nou  die ideale geleentheid.   Meimaand en die jaarlikse antiekmark by die President Pretoriusmuseum (Thabo Mbeki-laan) in Potchefstroom is al oor jare sinoniem.  Omkring dus reeds Saterdag, 6 Mei 2017 vanaf 9:00 tot 16:00 met rooi op jou kalender indien jy die unieke mark …

Indien  jy graag ‘n kunswerk of oudheid wil laat waardeer, is nou  die ideale geleentheid.

 

Meimaand en die jaarlikse antiekmark by die President Pretoriusmuseum (Thabo Mbeki-laan) in Potchefstroom is al oor jare sinoniem.  Omkring dus reeds Saterdag, 6 Mei 2017 vanaf 9:00 tot 16:00 met rooi op jou kalender indien jy die unieke mark wil bywoon.

 

Nagenoeg 80 handelaars in oudhede, memorabilia en kunshandwerk gaan by die ouwêreldse plaaswerf kom uitstal. Soos in die verlede sal besoekers na ware winskope tussen ou meubels, porseleinware, ou speelgoed, kombuisgoed, snuisterye, boeke ens.  kan kom rondsnuffel. Die verskeidenhied is legio.

 

Die Museum gaan ook ‘n dinosaurus-tafel hê waar persone tot ‘n maksimum van 10 ou stukke teen geen koste self kan kom verkoop.  Dit is dus nou die tyd om in die kaste van jou huis in te vaar om van oortolige goedere, ongeag die toestand daarvan, ontslae te raak. Daar is talle persone wie se hande jeuk om aan bv. ‘n afgeleefde stoel of tafel ‘n nuwe lewe te gee. Skakel gerus vir Elmarie Weyers by 018 2995021 vir meer besonderhede.

 

Indien  jy graag ‘n kunswerk of oudheid wil laat waardeer, is die Antiekmark die ideale geleentheid.    Harriet Hedley van die firma Gilfillian Scott-Berning, wat onlangs die museum se versameling gewaardeer het, sal weer waardasies teen R30 per item doen. Die waardasiesessies sal tussen 10:00 en 14:00 plaasvind.  Kontak gerus vir Miems by 018 2995042 om ‘n afspraak met die waardeerders te maak.

 

Die antiekmark is ‘n kuiermark waar jy jouself die die Saterdag tussen 9:00 en 16:00  ryk kan koop aan winskopies. By die teetuin sal daar ook talle lekkernye te koop aangebied word.

Related Articles

Back to top button