NewsNews

Voormalige Potch-joernalis is ‘Beter assie Bure’

’n Voormalige joernalis van die Potchefstroom Herald is nou besig om deel te word van gesinne regoor die land, deur sy rol as aanbieder van die bekende TV-program, Beter assie Bure. Vincent Mofokeng op Beter assie Bure. Foto: Youtube.com ’n Voormalige joernalis van die Potchefstroom Herald is nou besig om deel te word van gesinne …

Vincent Mofokeng op Beter assie Bure. Foto: Youtube.com

Vincent Mofokeng op Beter assie Bure. Foto: Youtube.com

’n Voormalige joernalis van die Potchefstroom Herald is nou besig om deel te word van gesinne regoor die land, deur sy rol as aanbieder van die bekende TV-program, Beter assie Bure.

Vincent Mofokeng is in Carletonville gebore, waar hy as kind daarvan gedroom het om eendag vir hom naam te maak. Vandag het hy al op verskeie platvorms uitgeblink, insluitend radio en televisie.
Vincent het sy loopbaan as sportjoernalis by die Carletonville Herald begin en het daarna deel geword van die Potchefstroom Herald-familie, waar verskeie berigte onder sy naam gepubliseer is.

Kort voor lank was hy deel van die bekende Afrikaanse radiostasie RSG en het sy stem ’n welkome klank in menige huishoudings geword. Koerante en radio was egter nie waar Vincent se talente gestop het nie. Vinnig het hy na TV beweeg waar hy as sportaanbieder by Newsroom begin uitsaai het. Hier het hy ’n talent ontdek wat hy nooit geweet het hy het nie.

Nou is hy die dinamiese en sprankelende aanbieder van ’n televisieprogram op SABC 2 wat vinnig gewild geword het in elke huishouding. Vincent sê dat hy nooit gedroom het dat hy eendag so ‘n program sou aanbied nie en geniet elke oomblik daarvan. Hy sê dat hy dit nie doen om in die kollig te wees nie, maar eerder omdat hy dit geniet om mense te laat lag. Hy het reeds van jonk af bewys dat hy ‘n man met baie talente is en blink uit in beide sport en kultuur.

Hy het aan die binnemuurse nasionale krieketkampioenskappe deelgeneem, was ‘n vurige atleet en het selfs atletiek afgerig en het in 2007 aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe deelgeneem, waar hy gehardloop het. Hy het ook deelgeneem aan ATKV mondelinge op provinsiale vlak en was die voorsitter van die Carletonville en Wesrand SAPD Jeugtafel koukusse. Boonop was hy nog ‘n besondere rugbyspeler en het vir die Gauteng Provinsiale span en vir die Luiperds uitgedraf.

Moenie Vincent op Beter assie Bure elke Donderdag om 19:00 op SABC2 misloop nie.

Related Articles

Back to top button