NewsNews

Vermy probleme met skooltoelatings deur die regte stappe te volg

    Dit is weer amper tyd vir ouers om te registreer vir gr.1 en gr.8 skooltoelating in Gauteng vir 2018.  Vanjaar se aanlyn toelatingsproses gaan dit nog moeiliker vir Afrikaanse ouers maak om hul  kinders suksesvol by hul skool van keuse geplaas te kry volgens Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit …

 

 

Dit is weer amper tyd vir ouers om te registreer vir gr.1 en gr.8 skooltoelating in Gauteng vir 2018.  Vanjaar se aanlyn toelatingsproses gaan dit nog moeiliker vir Afrikaanse ouers maak om hul  kinders suksesvol by hul skool van keuse geplaas te kry volgens Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand.  Ouers moet dus nie in ’n gemaksone verkeer nie en dubbel seker maak dat hul betyds die regte stappe volg.  Die registrasieproses begin die dag na die 1 Mei Werkersdag (openbare vakansiedag) en baie ouers is dalk nog in ’n vakansiegees of nie by die ’n plek met internet toegang nie.  Ten einde ouers te help het die SOS ’n 6-stap raadplan vir Afrikaanse ouers opgestel :

 

  1. Kry so gou moontlik die skool van keuse se aansoekvorms en maak seker u het gewaarmerkte kopieë van alle dokumente gereed ten einde suksesvol aansoek te doen.

 

  1. Handig die voltooide papieraansoek (met alle bykomende dokumente) persoonlik so gou as moontlik tussen 18 April en 12 Junie 2017 by die skool van keuse in en verkry ’n bewys daarvoor.  Indien u versuim om hierdie dokumente voor 12 Junie in te handig gaan u kind nie geplaas kan word nie en sal u later ’n skool moet vat wat vir u gekies word.

 

  1. Sorg dat u Dinsdag 2 Mei vanaf 08:00 by ’n rekenaar met internet is om aanlyn te registreer by die webadres www.gdeadmissions.gov.za of www.gautengadmissions.gov.za .

 

  1. Ruim dus genoeg tyd in om die hele aanlynproses sorgvuldig en deeglik op hierdie dag te voltooi of so gou moontlik daarna.  Voltooi al die velde en maak seker dat u registrasie suksesvol deurgegaan het na die aanlynplatform.  Hierdie aanlynaansoek moet voor 12 Junie gedoen word maar doen dit eerder so gou moontlik vanaf 2 Mei.

 

  1. Maak seker dat u bewys deur middel van SMS asook ’n brief tussen 24-28 Julie vanaf die Gauteng onderwysdepartement ontvang wat bevestig dat u suksesvol aanlyn geregistreer het.

 

  1. Ouers het sewe skooldae tussen 1- 10 Augustus om die skoolplasing te aanvaar of verwerp volgens die proses wat die departementele brief sal aandui.

 

Ouers moet kennis neem dat die aanlyn toelatingsisteem nêrens die opsie vir Afrikaanse ouers los om hul taalvoorkeur aan te dui of te gebruik nie.  Die SOS voorspel dat baie Engelse ouers gaan juis hierdie gaping in die sisteem gebruik om by Afrikaanse skole aansoek te doen en so op die ou end die skool se Beheerliggaam te forseer om Engelse leerlinge in te neem.  Skoolhoofde gaan ’n krities belangrike rol speel om akkurate plasings te maak volgens hul skool se toelatingsbeleid.  Skoolhoofde gaan dus alle moontlike ondersteuning nodig hê, ook van ouers.   Die aanvaarding van die skoolhoof se plasings moet eers deur die Gauteng onderwysdepartement goedgekeur word – dit op sy eie is vir die SOS ’n bron van kommer.

Ouers wat probleme of klagtes het word versoek om direk by die skool waar hul aansoek gedoen het te gaan aanklop om hulp.  Hul is die beste in staat om ouers te help aangesien hulle die proses op aanlynsisteem kan volg.

Related Articles

Back to top button