NewsNews

Plaasaanval nou moord

VANDERBIJLPARK. – Die Plaasaanval Woensdagaand 19 April het verander van ernstige aanranding en huisroof na moord. Illustrasie foto (Google.com) VANDERBIJLPARK. – Die plaasaanval Woensdagaand 19 April het verander van ernstige aanranding en huisroof na moord. Klein Harmse, (87) is vanmiddag Vrydag 19 April in die intensiewe eenheid oorlede. Klein is ongeveer 20:00 Woensdagaand op die plaas Modderfontein …

Illustrasie foto (Google.com)

VANDERBIJLPARK. – Die plaasaanval Woensdagaand 19 April het verander van ernstige aanranding en huisroof na moord.

Klein Harmse, (87) is vanmiddag Vrydag 19 April in die intensiewe eenheid oorlede. Klein is ongeveer 20:00 Woensdagaand op die plaas Modderfontein op die Parys Fochville pad (R500), aangeval en baie ernstig beseer. ‘n Onbekende aantal rowers het die plaas betree en hom in sy huis aangerand. Hy het ernstige snye en beserings opgedoen asook skedelbreuk nadat die inbrekers hom met ‘n hammer geslaan het.

Hy is  deur ER24 Paramediese personeel op die toneel behandel en na die Vereeniging Medi Clinic gehaas waarna hy gisteroggend Donderdag 20 April na die Sebokeng hospitaal oorgeplaas is. Die polisie en forensiese deskundiges ondersoek nou ‘n moordklag.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button