NewsNews

Parys kry weer Kansa Relay

Goeie nuus vir Parysenaars maar ook Viljoenskroners is dat die wiele aan die rol is vir die beplanning van ’n  Kansa Relay for Life geleentheid. Jou idees, ondersteuning en voorstelle is baie nodig. Soveel van ons is al self deur kanker geraak of het ’n  familielid of kennis wat met die siekte gediagnoseer is. Op  …

Goeie nuus vir Parysenaars maar ook Viljoenskroners is dat die wiele aan die rol is vir die beplanning van ’n  Kansa Relay for Life geleentheid.
Jou idees, ondersteuning en voorstelle is baie nodig. Soveel van ons is al self deur kanker geraak of het ’n  familielid of kennis wat met die siekte gediagnoseer is.
Op  Maandag 24 April  om 14:00 kan Viljoenskroniers kom saamgestels oor die Relay by Petite la Paris Koffiewinkel in Viljoenskroon.
Parysenaars kan op hul beurt op Maandag 24 April om 18:00 by die NG Oos-gemeente in Paulsenstraat
idees oor die Relay kom uitruil of hulself beskikbaar stel om te dien as komiteelid. Elke inwoner se ondersteuning is nodig. Die Relay vir Parys word beplan vir 7 Oktober.  Vir navrae skakel Sanette Boonzaier by 079 324 0603.

Related Articles

 
Back to top button