NewsNews

Só gaan dit met ER24 se paramedikus na ernstige ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Nadat hy sewe dae in die intensiewe sorgeenheid van die Unie-hospitaal, ses dae onder sedasie en ‘n verdere vier dae in die algemene saal behandel is, is Coenraad Bronkhorst (26) by die huis en gaan dit aansienlik beter met hom. Coenraad Bronkhorst. Coenraad, ‘n paramedikus van ER24, het ernstige beserings opgedoen toe ‘n …

Coenraad Bronkhorst.

Coenraad, ‘n paramedikus van ER24, het ernstige beserings opgedoen toe ‘n voertuig op 17 Maart agter in die ambulans waar hy hulp aan ‘n pasiënt verleen het, vasgery het.

Dit het op die R553 (Goue Hoofweg), noord van ArcelorMittal, gebeur. Hy is na Mediclinic Emfuleni geneem, waarna hy per helikopter na die Unie-hospitaal gevlieg is. Die impak van die botsing was so erg dat Coenraad se nier gebars het. Dit het egter inwendige bloeding veroorsaak en sy nier moes tydens ‘n noodoperasie verwyder word.
Coenraad is op 28 Maart ontslaan en sterk tans by die huis aan. Hy onthou alles wat daardie aand gebeur het, behalwe die deel waar hy by Mediclinic was. “Die deel by dié hospitaal is vaag, maar ek onthou weer alles toe ek na die Unie-hospitaal gevlieg is, en toe word ek ses dae later eers wakker,” sê Coenraad. Hy het glad nie gesien dat die bakkie in die ambulans gaan vasry nie.
Coenraad moet nou sy leefstyl aanpas omdat hy slegs een nier het. Hy moet vir die res van sy lewe ook jaarliks vir ‘n nierfunksietoets gaan. Hoewel hy nog effens seer het, is hy goed aan die gang en loop self en gebruik nie meer medikasie nie. “Ek is bietjie skrikkerig om terug te gaan werk toe, maar dit kon met enige persoon gebeur het.”
Coenraad bedank graag elkeen wat hom en sy familie in dié tyd ondersteun.
“Mens besef nie hoeveel mense daar is wat werklik omgee nie. Ek sal elkeen ewig dankbaar wees,” sê hy.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button