NewsNews

Mirabel beloon vir vriendelikheid en kliëntediens wat uitstaan

Voeg antiek, modern en eksentriek bymekaar en jy’t ’n  unieke dekor so eie aan die Mirabel gastehuis in Parys. Dié gastehuis is as een van die streekwenners van die Lekkeslaap-toekennings vir 2016 aangewys wat kop en skouers uitgestaan het vir uitstaande diens en kliënte-tevredenheid. Boonop is Mirabel ook deur Bookings.com erken vir uitstekende kliënte tevredenheid. …

Voeg antiek, modern en eksentriek bymekaar en jy’t ’n  unieke dekor so eie aan die Mirabel gastehuis in Parys. Dié gastehuis is as een van die streekwenners van die Lekkeslaap-toekennings vir 2016 aangewys wat kop en skouers uitgestaan het vir uitstaande diens en kliënte-tevredenheid. Boonop is Mirabel ook deur Bookings.com erken vir uitstekende kliënte tevredenheid.
Rose van der Westhuizen het Mirabel se deure op 1 November 2014 geopen.
Die gastehuis het vinnig gegroei en waar daar aanvanklik net drie kamers was, is daar binne ses maande nog twee aangebou in die tuin.
En dan is daar die hoenderhok en die plaaskombuis, met bypassende dekor.
Mirabel se vyf kamers spog elkeen met sy eie karakter wat ’n huislike atmosfeer bied. Elke kamer het boonop sy eie badkamer en koffiestasie, sagte wit linne en handdoeke.
Rose sê dat sy en haar personeel juis roem op kliënte-tevredenheid en dit het hul die prys in die sak gebring op grond van die kliënte se terugvoer op Lekkeslaap.
Kliënte se terugvoer gee by uitstek die deurslag vir die toekenning en daar word gekyk na al die positiewe en negatiewe terugvoer wat ontvang word.
“Dit is ’n gesinsbesigheid en ons almal werk hard om van dit ’n sukses te maak,” gesels Rose.
Rose se man, Nelis, en Wicus is altyd daar as onderhoud gedoen moet word en reg om met enigiets te help.
Rose en die dogters behartig ontbyt en laat elke gas welkom en belangrik voel. Elke gas wat by Mirabel instap word met respek en vriendelikheid gegroet en verwelkom.
Maria is ’n  groot aanwins vir Mirabel en het van die eerste dag af by Mirabel ingeval.
“Sy is voorwaar my regter- en linkerhand. My gaste is mal oor haar en ek kry gereeld die kompliment – “Sjoe, maar Maria is oulik en vriendelik!”.
“Mirabel se ontbyt spog met spanasiepannekoeke wat verseker ‘n trekpleister is vir gaste wat terug kom keer op keer.
Ons tuin het ‘n verskeidenheid plante, maar spog met die mooiste vetplante wat elk met ‘n steggie van ‘n ander dorp of gastehuis begin het. Die tuin is begin op droë, kaal grond waar bossies gegroei het.”
Met ‘n ou-ou windpomp wiel teen die muur en pampoene op die dak is daar geen tekort aan verbeelding  by die gastehuis nie. Om elke hoekie is iets anders waaraan jy jou kan verwonder.
“Mirabel is nie net ‘n besigheid nie. Mirabel laat my gelukkig voel, en daarom is die atmosfeer en die lag by Mirabel sommer baie.  Mirabel is ‘n passie, ons gesin se happy place,” vertel Rose trots oor die toekenning.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button