NewsNews

Dink twee keer voor jy dagga rook

News Daar bestaan nog baie verwarring oor die onlangse uitspraak van die hooggeregshof in die Wes-Kaap oor die gebruik van dagga. Illustration photo Daar bestaan nog baie verwarring oor die onlangse uitspraak van die hooggeregshof in die Wes-Kaap oor die gebruik van dagga. Die uitspraak kom daarop neer dat ‘n klein hoeveelheid dagga in wese …

Illustration photo

Daar bestaan nog baie verwarring oor die onlangse uitspraak van die hooggeregshof in die Wes-Kaap oor die gebruik van dagga.
Die uitspraak kom daarop neer dat ‘n klein hoeveelheid dagga in wese wettig deur volwassenes gebruik of gekweek kan word, solank dit vir privaat gebruik is.
In kort kan die uitspraak gebruik word as ’n verweer wanneer iemand met ’n klein hoeveelheid dagga in hulle besit gevind word. Die uitspraak spesifiseer nie hoeveel gesien word as ’n klein hoeveelheid nie. Volgens die uitspraak moet die parlement besluit oor die hoeveelheid en het hul twee jaar kans om die betrokke wette te wysig.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is dit steeds ’n kriminele oortreding om dagga in jou besit te hê.
“Ons instruksies is om steeds te arresteer,” sê hy. Volgens Hans Jurie Moolman sal die staat steeds alle misdrywe, wat met dagga verwant hou, vervolg, maar persone wat wel aangekla sou word, sal bewyse voor die hof kan plaas dat die omstandighede waaronder hulle in besit van dagga gevang is, omstandighede is waar die dagga deur ‘n volwassene vir persoonlike gebruik, in ‘n privaat woning gebruik is.
“Die uitspraak bring nie ‘n einde aan vervolgings vir die gebruik van dagga nie. Dit stel ook nie persone vry van vervolging nie.
Dit stel hoogstens ‘n verweer in plek en die bewyslas sal by die persoon lê om vir die hof aan te toon dat hy/sy die dagga binne die raamwerk van die hof se bevel gebruik ten tyde van arrestasie,” het Moolman gesê
Deel van die hof se besluit was gegrond op ’n verslag deur prof. Mark Shaw, verbonde aan die regsfakulteit by die Universiteit van Kaapstad. In die verslag verwys hy na die polisie se statistiek wat toon dat in 2014/15 dwelmverwante misdaad tot die meeste arrestasies gelei het. Hy argumenteer dat, gegewe die feit dat dagga die mees algemene dwelm in Suid-Afrika is, meeste van die arrestasies met dagga verband hou.
Sy verslag wys dat meeste van die beskuldigdes mense is wat klein hoeveelhede dagga in hulle besit gehad het. Hy argumenteer dan dat die polisie baie hulpbronne en tyd kan spaar indien hulle nie vir dié soort besit arrestasies uitvoer nie

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button