NewsNews

Die herkoms van die paashaas en paaseiers

Paasfees word komende naweek wêreldwyd gevier. Alle Christene ken die oorsprong van dié wonderlike fees, maar hoe pas die paashaas en paaseiers hierby in? Blogger Williene Uys het ondersoek gaan instel. Williene Uys Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar. In die Christelike geloof vier dit die opstanding van …

Williene Uys

Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar. In die Christelike geloof vier dit die opstanding van Jesus Christus wat op die derde dag na Sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het. Op hierdie grootste van Christenfeeste, vind daar verskeie oorlewerings van antieke seremonies plaas. Paasfees, die paashaas en paaseiers is eeue ouer as die Christendom. Die herkoms van beide die paashaas en paaseiers verwys terug na antieke seremonies, nog voor die koms van Christus.

Die bekende Engelse woord “Easter” is ʼn oorlewering van ʼn antieke Angel-saksiese woord. Die engelse ‘Easter’ is afkomstig van die Angel-saksiese woord ‘Eastre’, die naam van die Angel-saksiese godin van lente. Omdat lente ʼn seisoen is van nuwe lewe, was die godin ook gesien as die godin van vrugbaarheid. Haar naam dui ook op die ooste waar die son vandaan kom, wat die idee van nuwe lewe verder bevorder. Hierdie godin was gedurende lente, om en by dieselfde tyd as ons heidige paasfees, geëer en daar was seremonies van aanbidding tot haar eer gehou.

Die heilige simbool wat gepaard gegaan het met die godin was inderdaad ʼn haas wat dui op die herkoms van die paashaas. Die simboliese betekenis van die haas is nogals ontsagwekkend, omdat dit ook verwys na nuwe lewe deur middel van ʼn konyn se groot werpsel hasies. Die lewegewende en vrugbare haas is in die huidige paasfeesvieringe ʼn simboliese verteenwoordiging van die mens se verlossing deur Christus wat nuwe lewe en verlossing gebring het.

Die Angel-saksiese godin van lente dui ook op die herkoms van paaseiers. Die simboliese betekenis van eiers gaan gepaard met die idee van vrugbaarheid en nuwe lewe. Die leë eierdop van die paaseiers is ʼn simboliese verteenwoordiging van die leë graf en opstanding van Jesus Christus. Die paaseiers wat meestal deur ouers buite weggesteek word, simboliseer die soek en vind van nuwe lewe.

Die haas en paaseiers as simbole van die Germaanse mitologie is dus verweef met die Christenviering van Paasfees. Alhoewel die paashaas en paaseiers se herkoms teru verwys na heidense aanbiddings, bied hierdie elemente ʼn simboliese bydrae tot die Christenviering, omdat die idee van vernuwing en hergeboorte van toepassing is op die opstanding van Jesus Christus.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button