NewsNews

Gestremde atleet gereed vir groot dinge

‘n Gestremde lid van die Smithathlons Atletiekklub in Carletonville is reg om groot hoogtes op die atletiekbaan te bereik. ‘n Trotste Elmarie Brits met die medaljes wat sy al ingeplam het saam met haar afrigter, Annetjie Smith. ‘n Gestremde lid van die Smithathlons Atletiekklub in Carletonville is reg om groot hoogtes op die atletiekbaan te …

'n Trotste Elmarie Brits met die medaljes wat sy al ingeplam het saam met haar afrigter, Annetjie Smith.

‘n Trotste Elmarie Brits met die medaljes wat sy al ingeplam het saam met haar afrigter, Annetjie Smith.

‘n Gestremde lid van die Smithathlons Atletiekklub in Carletonville is reg om groot hoogtes op die atletiekbaan te bereik.
Elmarie Brits (41) is al ‘n bekende gesig waar sy elke keer hard saam met die res van die klub op Carleton Jones High School se bane oefen.
“Ek was al die jare baie lief vir hardloop,” het Elmarie tydens Maandag se oefening aan die Herald vertel.
Elmarie vertel dat sy al aan atletiek deelneem sedert sy ‘n klein dogtertjie was. Dit was egter eers toe sy ouer was en in die Connie Mulder Kinderhuis in Randfontein was, dat die hardloopgogga haar behoorlik gebyt het.
Sy het aan die 100m, 200m, sowel as die 800m, 3 000m en 3 500m en verspring-
items begin deelneem en het selfs, toe sy later as volwassene in dié kinderhuis se koshuis gewoon het, die Suid-Afrikaanse 3 500m rekord vir gestremde atlete in Kaapstad gebreek.
“Ons het in die koshuis elke oggend om 03:30 opgestaan om 04:00 te gaan hardloop,” vertel sy trots.
Sy en haar man Johan het in die kinderhuis ontmoet en is op 6 Februarie getroud.
Volgens Elmarie moes haar man egter eers voor die troue vir haar ‘n nuwe atletiekafrigter vind voor sy sou trek.
Danksy haar harde werk en haar afrigter Annetjie Smith se kennis, is sy besig
om weer ‘n sukses op die atletiekveld te maak. Sy oefen reeds sedert verlede jaar by Smithathlons.
“Elmarie is regtig ‘n aanwins vir ons klub. Sy werk baie hard en is werklik ‘n motivering vir die nie-gestremde atlete.
Ek is baie trots op haar en sy gaan so goed aan dat ek haar verlede jaar in liga-byeenkomste teen nie-gestremde atlete laat hardloop het. In die winter gaan sy aan landloopbyeenkomste begin deelneem,” vertel Smith.
Elmarie vertel dat haar man, wat fisies gestremd is en as ‘n parkeerwag in Carletonville werk, haar al die pad ondersteun. Hy het onder meer die afgelope
week vir haar ‘n stel splinternuwe spykerskoene gekoop.
“Ek is baie gelukkig. Ek bid elke aand en glo ek gaan net vorentoe,” sê Elmarie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button