NewsNews

Twee in hegtenis na plaasaanval

Twee verdagtes wat by die onlangse plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad betrokke was, is  in hegtenis geneem. Lt.kol. Amanda Funani het bevestig dat die twee verdagtes op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en die onwettige besit van ammunisie en ’n vuurwapen in die hof verskyn het. Isack Kutoane (34) en Saro …

Twee verdagtes wat by die onlangse plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad betrokke was, is  in hegtenis geneem.
Lt.kol. Amanda Funani het bevestig dat die twee verdagtes op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en die onwettige besit van ammunisie en ’n vuurwapen in die hof verskyn het.
Isack Kutoane (34) en Saro Daniel Matome (50) bly in aanhouding, nadat die saak tot 24 April uitgestel is.
Albei word verbind met die plaasaanval van 23 Maart op mnr. Christo Beukes. Tydens die aanval het mnr. Beukes en een ander verdagte in ’n stoeiery betrokke geraak, waartydens die verdagte doodgeskiet is.
Kort na die voorval het die polisie die verdagte wat dood is geïdentifiseer, wat hulle glo met die ander verdagtes verbind het. Al die verdagtes kom glo van Ikageng.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button