NewsNews

Polisie lê beslag op dwelms ter waarde van byna R1 miljoen

Die polisie het die afgelope twee weke op dwelms ter waarde van sowat R1 miljoen beslag gelê. Die polisie het die afgelope twee weke op dwelms ter waarde van sowat R1 miljoen beslag gelê. Dit volg nadat ’n klopjag deur die polisie se misdaadintelligensie, honde-eenheid, taktiese reaksiespan en openbare orde-eenheid Donderdagoggend omstreeks 07:00 by die …

Die polisie het die afgelope twee weke op dwelms ter waarde van sowat R1 miljoen beslag gelê.
Dit volg nadat ’n klopjag deur die polisie se misdaadintelligensie, honde-eenheid, taktiese reaksiespan en openbare orde-eenheid Donderdagoggend omstreeks 07:00 by die Eike woonstelle in OR Tambostraat uitgevoer is.
Tydens dié operasie is agt mense in hegtenis geneem, waarna vyf van hulle Dinsdag op aanklag van die besit van onwettige dwelms in die hof verskyn het.
Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is dwelms ter waarde van sowat R522 186 in ’n woonstel gevind.
“Die polisie het mandrax, tik, en dagga gevind,” het hy gesê.


Die verdagtes het Vrydag vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn. Die saak is tot Dinsdag uitgestel, waar Raymond Oviawe (28), Ani Chibuike (35), Chinoso Okoli (25), Lindi Dasoyi (23) en Busisiwe Kula (19) vir ‘n borgtogaansoek verskyn het.
Die Herald het verlede week berig oor dwelms ter waarde van sowat R300 000 wat deur die polisie in ’n voertuig langs die N12 gevind is. Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane het die eenhede gelukgewens wat saamgewerk het om seker te maak dat die verdagtes in hegtenis geneem is. “Dit toon die toewyding van die polisie om alles in hul vermoë te doen om kriminele aktiwiteite in die provinsie te stop,” het Motswenyane gesê.

Related Articles

Back to top button