NewsNews

Meer as 500 teken vir Zuma se bedanking

Teen net na 11:00 vandag, Vrydag 7 April was daar reeds meer as 500 handtekeninge op die petisielyste wat deur die DA by die stadsaal beskikbaar gestel is vir mense wat die veldtog wou ondersteun om die afdanking van president Jacob Zuma te eis. Die DA het gesê mense het reeds van voor 09:00 af …

Teen net na 11:00 vandag, Vrydag 7 April was daar reeds meer as 500 handtekeninge op die petisielyste wat deur die DA by die stadsaal beskikbaar gestel is vir mense wat die veldtog wou ondersteun om die afdanking van president Jacob Zuma te eis.
Die DA het gesê mense het reeds van voor 09:00 af al begin toustaan om te teken. Die aksie het vreedsaam verloop en petisievorms sal nog deurlopend by verskeie besighede in die dorp  beskikbaar wees na vandag. Mense kan ook rdl. Saal de Jager skakel by 082 321 0091 vir navrae oor waar die vorms geplaas word.
Hoewel daar geen optogte in Parys was nie, is verskeie massa protesoptogte vandag landwyd gehou na president Zuma se omtrede kabinetskommeling wat die rand laat verswak en nou uiteindelik die afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus deur die graderingsagentskap Standard & Poor’s  ’n  werklikheid gemaak het. Die afgradering sal elke Suid-Afrikaner se sak raak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button