NewsNews

Polisie verduidelik oor ligte en sirenes

Die polisie het vandag gereageer op ‘n Facebook-klagte van ‘n Parys-inwoner op 24 Desember 2016 oor die beweerde misbruik van polisiesirenes. In die verklaring word gesê dat die polisie nie die misbruik van blou ligte deur polisielede goedkeur nie. “Daar is egter gevalle waar dit juis nodig is om die ligte te gebruik veral met …

Die polisie het vandag gereageer op ‘n Facebook-klagte van ‘n Parys-inwoner op 24 Desember 2016 oor die beweerde misbruik van polisiesirenes.

In die verklaring word gesê dat die polisie nie die misbruik van blou ligte deur polisielede goedkeur nie. “Daar is egter gevalle waar dit juis nodig is om die ligte te gebruik veral met spesiale polisie operasies byvoorbeeld vir magsvertoon tydens  Feesseisoen optredes.”

Die polisieverklaring sê Tumahole en Parys ondervind tans ‘n ernstige probleem met huisbrake en dat daar juis ten tyde van die klagte ‘n misdaadoperasie in Tumahole was om geweldsmisdade aan te spreek.

“Met beperkte hulpbronne word die maksimum hulp en sirenes gebruik as afskrikmiddel vir misdadigers en uitstekende manier om sigbaarheid te wys. Dit is juis deur die gebruik van sirenes en ligte dat lede van die publiek weet wanneer die polisie in ‘n gebied is”, word in die verklaring gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button