NewsNews

Hoërskool Parys kry die groen vlag

Hoërskool Parys is onlangs deur die Eco-schools inisiatief (gebaseer in Denemarke) vereer met die toekenning van ’n  groen vlag. Hierdie besondere toekenning is die gevolg van harde werk die afgelope drie jaar deur die skool se Ekoskole-komitee onder leiding van mev. Sanci Cilliers. Ekoskole is ’n wêreldwye inisiatief om leerders bewus te maak van die …

Hoërskool Parys is onlangs deur die Eco-schools inisiatief (gebaseer in Denemarke) vereer met die toekenning van ’n  groen vlag. Hierdie besondere toekenning is die gevolg van harde werk die afgelope drie jaar deur die skool se Ekoskole-komitee onder leiding van mev. Sanci Cilliers.
Ekoskole is ’n wêreldwye inisiatief om leerders bewus te maak van die omgewing en die mens se impak op die omgewing. ‘n Skool begin om deel te neem aan dié inisiatief deur verskeie omgewingsvriendelike projekte aan te pak. Indien die projekte suksesvol voltooi word, kan die skool na ’n tydperk van drie jaar groen vlag status bereik – ’n  groot eer, ook internasionaal.  Wêreldwyd is 49 000 skole in 69 lande by die Eco-schools projek betrokke.
Hoërskool Parys het in 2015 silwerstatus verwerf met die suksesvolle voltooiing van twee projekte, naamlik herwinning en die aanplant van ’n  groentetuin. In 2016 het 45 leerders aan die Ekoskole-projek deelgeneem. Hierdie leerders is daagliks by dié projekte wat deur die skool aangepak is, betrek.
Die drie projekte wat in 2016 aangepak is, was die voortsetting van die groentetuin, maar nou in hidroponiese vorm, papierherwinning en ’n  skoeninsamelingsprojek waar die leerders deur skenkings ’n  totaal van 308 pare vir minderbevoorregtes ingesamel het. Hierdie skoene is in die Parys-omgewing en ook in die provinsie aan hulpbehoewendes geskenk.
Daar is tans ook ‘n groot behoefte aan iemand om met die herwinning van glas, blikkies en plastiek te help. Die skool kon nog nie daarin slaag om op ‘n permanente basis iemand te kry wat bereid is om die ingesamelde items weekliks te verwyder vir herwinning nie. Mev. Cilliers doen ‘n beroep op die gemeenskap van Parys en omgewingskundiges om hulle hiermee behulpsaam te wees.
Skakel die skool by (056) 811 3472 vir meer inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button