NewsNews

Gewonder waar die water was?

Talle inwoners moes gister 3 April vir ’n  dag sonder water klaarkom. Hoewel dit baie ongerief veroorsaak het, het die Ngwathe munisipaliteit Sondag waarskuwings kennisgewings uitgestuur. Vir die meeste wie se krane Maandag droog was, was daar weer na 19:00 die aand water. Maar vanoggend was daar weer dele van die dorp waar mense gerapporteer …

Talle inwoners moes gister 3 April vir ’n  dag sonder water klaarkom. Hoewel dit baie ongerief veroorsaak het, het die Ngwathe munisipaliteit Sondag waarskuwings kennisgewings uitgestuur. Vir die meeste wie se krane Maandag droog was, was daar weer na 19:00 die aand water. Maar vanoggend was daar weer dele van die dorp waar mense gerapporteer het dat daar geen water of baie swak waterdruk was.
Volgens Ngwathe woordvoerder, Steve Naale is die munisipaliteit besig om ’n  aantal inisiatiewe te implementeer as deel van burgemeester Joey Mochela se verbintenis om infrastruktuur te verbeter om sodoende gemeenskappe beter toegang tot basiese dienste te gee.
Die tydelike onderbreking van watertoevoer op Maandag 3 April was volgens hom in lyn met hierdie verbintenis. Schonkenville, “Vaal Parys” (omgewing van Eerstelaan, Tweedelaan, Derdelaan, Vierdelaan vanaf Endstraat), “Old Location”, Zone 6 en die Phelendaba woongedeeltes is geraak.
Daar is Maandag ’n  nuwe waterpyp na reservoir nr. 1 in Ghana ingesit. Werk is ook onlangs aan een van die oudste reservoirs gedoen.
Hierbenewens is daar ’n deurlopende program geloods om brandkrane te installeer wat ook gebruik sal word om die waternetwerk soos nodig te spoel sodat die waterkwaliteit en -verspreiding verbeter kan word, sê Naale.
Naale het mense gevra om asseblief waar moontlik water te spaar.

Burgemeester Joey Mochela, die munisipale bestuurder mnr. Bruce Kannemeyer, en die Direkteur Tegniese Dienste en Senior Watertegnikus waar daar gister aan die waterpyp gewerk is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button