NewsNews

Noordwes rolbal se trots

Die Noordwes Senior Vroue-span wat met bronsmedaljes teruggekeer het na afloop van die Interdistrikte toernooie is beslis die vlagskip van Noordwes-rolbal. Twintig rolbaldistrikte van regoor die land neem aan dié toernooie deel. Parys-rolbalklub se Lazuya Serfontein en Toets van der Westhuizen was deel van die span. Die ander spanlede was Brenda Palmer en Rose du …

Die Noordwes Senior Vroue-span wat met bronsmedaljes teruggekeer het na afloop van die Interdistrikte toernooie is beslis die vlagskip van Noordwes-rolbal. Twintig rolbaldistrikte van regoor die land neem aan dié toernooie deel.
Parys-rolbalklub se Lazuya Serfontein en Toets van der Westhuizen was deel van die span. Die ander spanlede was Brenda Palmer en Rose du Plessis van Potchefstroom-rolbalklub, en Helena Koekemoer en Cathy Stewart van die Buiteklub, Klerksdorp se Bettie Beare en Marlene Potgieter van Coligny.
Die span het tweede in hul afdeling geëindig en vyf van hulle nege wedstryde gewen. Die twintig spanne word in twee afdelings van 10 spanne elk verdeel.
Die Mans seniors het gesukkel en kon net een wedstryd wen. Hulle eindig negende in hulle afdeling.
In die ope-afdeling het die mans skielik begin vasbyt en na ’n sukkel begin hul laaste vyf wedstryde gewen om derde in die afdeling te eindig.
Die vroue was vyfde in hulle afdeling met vier oorwinnings.
*Lazuya en Toets is Saterdag weer in aksie wanner die eindwedstryde van die Noordwes Driespel by Potchefstroom-rolbalklub plaasvind. Die derde lid van die span is Magdel O’Donoghue. Die drietal speel in die een halfeindstryd teen die Orkney-span van Burnadine Muller, Adeline Fourie en Suzette Linden.
Rudi Jacobs, Henk Prinsloo en Moekie Uys van Parys speel in die eerste uitspeelronde teen Ben Bredenkamp, Ronnie Doyle en Gert van Tonder van Fochville in die einstryde van die Mans Driespel.

Related Articles

Back to top button