NewsNews

‘n Oomblik met ons Demi en haar nuwe kroon – Mej. Suid-Afrika 2017

“My hart loop oor van geluk en ek is baie geëerd om hierdie groot verantwoordelikheid te kan dra” – Demi-Leigh Nel Peters Demi-Leigh saam met eerste prinses Adé van Heerden en tweede prinses Boipelo Mabe. Op Sondag 26 Maart het die wêreld vir ‘n oomblik hulle asem opgehou met die aankondiging van die nuwe Mej. …

Demi-Leigh saam met eerste prinses Adé van Heerden en tweede prinses Boipelo Mabe.

Demi-Leigh saam met eerste prinses Adé van Heerden en tweede prinses Boipelo Mabe.

Op Sondag 26 Maart het die wêreld vir ‘n oomblik hulle asem opgehou met die aankondiging van die nuwe Mej. Suid-Afrika vir 2017. Toe oud-Puk, Demi-Leigh Nel Peters se naam uitgebasuin is, was daar ‘n euforie soos nog nooit tevore in Potchefstroom nie. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Noordwes Universiteit dat ʼn alumni wegstap met dié kroon.

21-Jarige Demi-Leigh, het vir die afgelope paar jaar by haar pa Bennie Peters en stiefma Elzabé Peters gewoon terwyl sy haar B.Com Besigheidsbestuur en Entrepreneurskapsgraad aan die NWU se Potchefstroomkampus voltooi het.

Demi-Leigh saam met haar pa, Bennie en stiefma Elzabé Peters.

Demi-Leigh saam met haar pa, Bennie en stiefma Elzabé Peters.

 

Onderhoud met Demi-Leigh Nel Peters, Mej. Suid-Afrika 2017

Demi-Leigh met haar gestremde sussie Franje.

Demi-Leigh met haar gestremde sussie Franje.

Wat het jou laat besluit om deel te neem in Mej. Suid-Afrika?

Ek wou inskryf vir Mej. Suid-Afrika vandat ek ʼn sewejarige dogtertjie was. Ek weet hoe baie voormalige Mej. Suid-Afrika’s my inspireer het en om daardie selfde inspirasie vir selfs net een jong dame te kan wees, sal vir my die wêreld beteken. Om my studies te voltooi voor ek aan Mej. SA deelneem was ook vir my baie belangrik, dit is hoekom ek spesifiek hierdie jaar gekies het om in te skryf.

Demi-Leigh as 'n klein dogtertjie.

Demi-Leigh as ‘n klein dogtertjie.

Jy was gekroon as Mej. Varsity Cup ook, hoe het dit jou voorberei vir die Mej. Suid-Afrika kompetisie?

Mej. Varsity Cup speel ook ʼn ambassadeursrol. Alhoewel dit op ʼn kleiner skaal was, het dit my geleer om na my medestudente te luister en op te tree op so ʼn manier dat hulle hulself met my kan vereenselwig.

Wat was vir jou die mees positiewe aspek van die kompetisie?

Die persoonlike groei wat ek ervaar het, is vir my ʼn hoogtepunt. Ek het baie meer selfvertroue nou as ses maande gelede. Ek glo die kompetisie het my so goed voorberei vir dit wat op my wag. Nou dat ek die rol van Mej. Suid-Afrika ingeneem het, is dit nie vir my so moeilik om aan te pas nie, want ek is voorbereid.

En die mees negatief?

Al die pakkery en om uit ʼn tas te leef. Gelukkig het ek vinnig geleer om dit te bemeester en om my goed te orden.

Wat het jy geleer uit die kompetisie, wat jy vorentoe saam met jou kan neem?

As jy in iets glo, glo 100% in dit. Moet jouself nooit betwyfel nie en moet nooit terug hou nie.
Beskryf jou verhouding met die ander deelnemers?
Ek het wonderlike vriendinne gemaak, selfs met die semi-finaliste. Ons het dikwels mekaar gehelp om grimering en hare te doen voor ʼn groot geleentheid en almal saam roomys geëet na ʼn lang, stresvolle dag.

Beskryf jou gevoelens toe jy hoor jy het gewen?

Dit is ʼn gevoel wat mens nie kan beskryf nie, dit is iets wat mens self moet beleef. My hart loop oor van geluk en ek is baie geëerd om hierdie groot verantwoordelikheid te kan dra.

Watter raad het jy vir ander meisies wat graag sal wil deelneem in so ʼn kompetisie?

Doen dit! Al wen jy nie, sal jy nooit leë hande wegstap van die Mej. Suid-Afrika kompetisie nie. Mens ontmoet wonderlike mense en kry geleenthede wat mens moeilik op ʼn ander manier sal kry, wat jou in jou loopbaan vorentoe baie sal help. Om Mej. Suid-Afrika te wees, is ʼn baie groot verantwoordelikheid en ʼn baie groot eer.

Hoe gaan jy jou titel gebruik om ʼn verskil te maak in die wêreld?

Ek wil klem lê op werkskepping in Suid-Afrika, spesifiek met die fokus op vroue. Ek wil graag mentorskap programme begin om minderbevoorregte vroue aan te moedig en in te lig dat die lewe wat hulle ken, nie die enigste lewe daar buite is nie. Ek sal saam met sosiale entrepreneurs, besighede en spesialiste in hul veld wil werk om aan vroue die nodige “gereedskap” te verskaf om hul eie besighede te begin. Varsity College het ook vir my beurse toegeken wat ek aan studente kan uitreik, ek voel dat jy nooit progressie sal sien sonder onderrig nie. Ek sal ook saam met die Cell C Foundation werk en hul inisiatiewe soos “take a girl child to work day” ondersteun.

Demi-Leigh in haar nuwe Nissan Juke wat deel van haar prys was.

Demi-Leigh in haar nuwe Nissan Juke wat deel van haar prys was.

Related Articles

Back to top button