NewsNews

Geen roof by Gimmies

Die Herald, Parys Gazette se susterskoerant het bevestig dat die gerugte wat op sosiale media verskyn het dat daar gister  ‘n gewapende roof by Gimmies plaas gevind het, onwaar was. Illustration photo   Die verwarring het glo gekom toe polisielede met hulle vuurwapens in hulle hande ‘n verdagte oor die sportgronde gejaag het. Die verdagte …

police,saps

Illustration photo

 

Die verwarring het glo gekom toe polisielede met hulle vuurwapens in hulle hande ‘n verdagte oor die sportgronde gejaag het.

Die verdagte is na bewering deur die Carletonville polisie gesoek in verband met verskeie misdade. Hulle het  inligting ontvang dat hy in Potch is.

Nadat die speurders die man gevind en konfronteer het, het hy oor Gimmies se sportvelde gevlug.

Die polisie in samewerking met Mooirivier Beskerming het die man agterna gesit waarna hy uiteindelik in Van Rooystraat in hegtenis geneem.

Related Articles

Back to top button