NewsNews

Ontwikkeling in Potchefstroom staan sedert 2015 stil

“Ontwikkeling in Potchefstroom staan sedert 2015 stil.” So het Hans Jurie Moolman, koukusvoorsitter van die DA, in ’n verklaring gesê. “Ontwikkeling in Potchefstroom staan sedert 2015 stil.” So het Hans Jurie Moolman, koukusvoorsitter van die DA, in ’n verklaring gesê. Die probleem is dat daar tot dusver geen “Spacial Planning and Land Management Act” (SPLUMA) …

“Ontwikkeling in Potchefstroom staan sedert 2015 stil.”
So het Hans Jurie Moolman, koukusvoorsitter van die DA, in ’n verklaring gesê.
Die probleem is dat daar tot dusver geen “Spacial Planning and Land Management Act” (SPLUMA) komitee gekies is nie. Sonder die komitee kan geen ontwikkeling goedgekeur word nie.
Daar is onlangs in ’n raadsvergadering besluit dat die proses om die komitee te verkies, van voor af sal begin.
Volgens Moolman het die ANC ‘n vals argument voorgesit dat die SPLUMA komitee ook Ventersdorp verteenwoordigers moet insluit, daarom moet die keuringsproses van voor af begin.
“Dit is absoluut onwaar. Die Tlokwe SPLUMA kan alle ontwikkelings in Tlokwe sonder enige verwysing na Ventersdorp goedkeur,
“Die ANC regeer Tlokwe en Ventersdorp steeds “onafhanklik”, omdat hulle voortgaan om kontrakte uit te brei sonder om die kontrakte weer te onderhandel of die raad in die proses in te sluit nie. Een voorbeeld is ‘n nuwe telefoonstelsel van meer as R10 miljoen wat geïnstalleer is sonder insette of goedkeuring van die geamalgameerde raad (NW405),” het Moolman gesê.
Tydens die raadsvergadering is besluit dat die proses binne 30 dae afgehandel moet word. “Die DA sal seker maak dat die administrasie tot hierdie sperdatum gehou word.
Die swak bestuur van die keuringsproses is tot die nadeel van ons gemeenskappe wat moet voordeel trek uit die werk wat ontwikkelings in Tlokwe sal skep,” het Moolman gesê.
Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, het die samesmelting ’n impak gehad op die keuringsproses van die komitee.
“Die burgemeester is in kontak met die LUR van Plaaslike Regering en Menslike Nedersetting met die oog vir hom om op sy eie voort te gaan met die ontwikkelingsaansoeke, hangende die finalisering van die komitee,” het Maphosa gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button