NewsNews

Verdagte dood geskiet tydens plaasaanval

‘n Verdagte is vanoggend (23 Maart) omstreeks 08:00 tydens ‘n plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad net buite Potchefstroom dood geskiet. Illustration photo   Volgens Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het  die huishulp  en haar seun drie verdagtes op die plaaswerf van mnr. Conrad Beukes gewaar. Die verdagtes het die kombuisdeur oopforseer en haar oorval. Die 72 jarige …

police,saps

Illustration photo

 

Volgens Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het  die huishulp  en haar seun drie verdagtes op die plaaswerf van mnr. Conrad Beukes gewaar. Die verdagtes het die kombuisdeur oopforseer en haar oorval.

Die 72 jarige Beukes, het reageer op die huishulp se gille waar hy hom in een van die verdagtes vas geloop het.

” ‘n Struweling het tussen Beukes en die verdagte in die kamer ontstaan waarna skote afgevuur is en die verdagte noodlottig beseer is. Die ander verdagtes het gevlug,” het Makau gesê.

Die polisie het beslag gelê op die verdagte se vuurwapen. Paramedici van ER24 het die verdagte op die toneel dood verklaar. Beukes het ligte beserings opgedoen.

Die bediende en haar seun is behandel vir skok.

Beukes het hulp ontbied en landelike veiligheidsgroepe en polisielede was baie gou op die toneel. Daar was veral groot lof vir die werk wat deur die Vredefort Koepel  GPF gedoen is in die soektog na die verdagtes.

Hulle het gehelp om ‘n vliegtuig  en selfs twee hommeltuie te kry vir die lugsoektog. Die polisie se honde-eenheid is ook ingespan. Spesiale dank aan Philip van Huyssteen van Viljoenskroon, Gerhard Coetzee en Chris Lottering, albei van Potchefstroom wat met die vliegtuig en hommeltuie onderskeidelik gehelp het.Die twee verdagtes wat gevlug het is egter steeds soek.

Beukes woon alleen op die plaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button