NewsNews

Rus in vrede klein Ruan

VANDERBIJLPARK. – Ruan Grobler (5), wat Sondag 26 Maart 6 jaar oud sou word, is vanoggend op 06:50 in die hospitaal oorlede. Fotos: Jannie du Plessis   Ruan is gister 22 Maart in die Vanderbijlpark Medi Clinic opgeneem nadag sy toestand versleg het. Ruan het die afgelope drie jaar teen nierkanker geveg. Sy een beentjie, heup en boud is …

Fotos: Jannie du Plessis

 

Ruan is gister 22 Maart in die Vanderbijlpark Medi Clinic opgeneem nadag sy toestand versleg het. Ruan het die afgelope drie jaar teen nierkanker geveg. Sy een beentjie, heup en boud is ‘n maand gelede geamputeer om die aggressiewe kanker te probeer stop. Ongelukkig het dit nie gewerk nie en dokters by die Life Vincent Pallotti Hospitaal in Kaapstad bevestig dat die kanker na albei sy longe, brein, rugstring en maag versprei het. Dokters het hom huis toe gestuur om sy laaste dae saam met sy gesin deur te bring.

ER24 het ook op 15 Maart suurstof en ander toerusting by hulle huis aan die ouers oorhandig om sy laaste paar dae vir Ruan en sy ouers makliker te maak. Met Vaalweekblad se besoek saam met ER24 en Cupcakes for Kids with Cancer, kon mens duidelik sien dat klein Ruan baie ongemaklik is en hoewel hy onder sterk medikasie en morfien was, kon mens aan sy gesiggie sien dat hy baie pyn verduur het.

Reëlings was reeds getref deur ER24 en die Community Support Forum om Ruan op sy verjaarsdag Sondag te bederf.

 

Parys Gazette en VAALWEEKBLAD se LESERS HOU DIE GESIN PA PAUL, MAMMA CHRISTINE, EN BOETIES MORNè EN NICO IN HUL GEBEDE EN WENS HUL STERKTE TOE IN DIE MOEILIKE TYD. 

Related Articles

Back to top button