NewsNews

“Derik, ons gaan jou só mis”

“Derik, ons gaan jou só mis” Woorde is min, want nou maak niks sin… Jy was vir ons geleen, hul enigste seun… Wie sou kon raai jy is net weggeruk.. Die hemel sing, ’n engel is tuis. Hier op die plaas is dié wêreld grys… Ons verlang na jou elke sekonde, Die duiwel het ons …

“Derik, ons gaan jou só mis”
Woorde is min, want nou maak niks sin…
Jy was vir ons geleen, hul enigste seun…
Wie sou kon raai jy is net weggeruk..
Die hemel sing, ’n engel is tuis.
Hier op die plaas is dié wêreld grys…
Ons verlang na jou elke sekonde,
Die duiwel het ons lewe ten gronde…
Jy is op ’n  beter plek, vir jou het ons alle respek..
Liefde en omgee het uit jou geloop.
Jy was soeter as stroop…
Boer was jy in murg en been,
met ’n  rekord oes is jy laaste geseën…
Tot ons mekaar weer sien my neef,
Jou plekkie in my hartjie is vir altyd leeg…
#ditkanniesoweesnie
Met dié woorde wat op Facebook geplaas is, is ’n gemeenskap en skool se ongelooflike hartseer en skok saamgevat ná die dood van die 16-jarige Derik Olivier, ’n  graad 11 leerling van Hoërskool Parys, en enigste seun van Geo en Daline Olivier van Parys.
Derik is Dinsdagaand 21 Maart in ’n motorongeluk op die Skietkop-pad oorlede. Hy was alleen in die Land Cruiser voertuig en is op die toneel dood. Hy het ernstige hoofbeserings gehad.

Die voertuig het gerol. Dit is egter nie seker wat die oorsaak van die ongeluk was nie.
Verskeie van sy maats het vanoggend boodskappe van meelewing op Facebook geplaas. Boodskappe wat vertel van ’n  seun wat almal se vriend was, ’n  saggeaarde, gelowige kind.

Hy was ‘n ywerige sportman wat deel was van die skool se roei- en krieketspan. Hy was ‘n kranige rugbyspeler wat verlede jaar vir die o.16 span uitgedraf het.
Vanjaar het hy vir die tweedespan gespeel en sou reserwe vir die eerstespan gewees het.
Hy was ook deel van die produksie Liefde is… wat volgende week deur die skool aangebied word. Met sy vriendelike, innemende geaardheid was Derik geliefd onder sy vriende en was altyd beleefd teenoor die onderwysers en medeleerlinge.
Sy dood laat ‘n groot leemte in baie harte.
“Ons gaan jou só mis Derik.”

‘n Kort diens is vanoggend deur past. Rinus van Sandwyk in die skoolsaal gehou waarna die rugbyseuns hul rugbykreet geskree het terwyl hul rondom Derik se rugbytrui gestaan het.

Drie sielkundiges het intussen ook hul dienste aangebied vir berading en die skool se eksamenrooster is aangepas.
Derik word oorleef deur sy ouers, Geo en Daline, sussie Menique en familie.
Ons innige medelye met die familie en sy maats.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button