NewsNews

Bebloed en alleen en sonder enige hulp

Christine, ‘n Puk-student gaan heel moontlik ‘n weefsel-oorplantingsoperasie moet ondergaan nadat die vleis van haar enkel tot by haar knie heeltemal van die been afgeruk is toe sy Vrydag, 3 Maart deur ‘n trok raakgery is. Christine Meyer en haar ma Ronel in Potchefstroom Hospitaal. Foto: Marianke Saayman In Christine Meyer se tyd van nood, …

Christine Meyer en haar ma Ronel in Potchefstroom Hospitaal. Foto: Marianke Saayman

Christine Meyer en haar ma Ronel in Potchefstroom Hospitaal. Foto: Marianke Saayman

In Christine Meyer se tyd van nood, toe sy bebloed en ernstig beseer alleen langs die pad gelê het, het verbygangers toegekyk sonder om haar te help.

Christine, ‘n Puk-student gaan heel moontlik ‘n weefsel-oorplantingsoperasie moet ondergaan nadat die vleis van haar enkel tot by haar knie heeltemal van die been afgeruk is toe sy Vrydag, 3 Maart deur ‘n trok raakgery is.

Sy is ’n top derdejaar LL.B.-student, wat omstreeks 21:00 van haar huis by Waterberry Heights, na die kampus toe gery het. Toe sy by die drierigting stopstraat op die hoek van Thabo Mbeki- en Gerrit Dekkerstraat stilhou, het sy in haar spieëltjie die ligte van ‘n trok gesien wat vinnig nader kom. Die trok het uitgeswaai, maar haar steeds getref. Sy het oor die pad gerol en gesien hoe die trok wegry.

“Die trokbestuurder het nie spoed verminder nie en was glad nie van plan om by die stopstraat te stop nie,” sê sy.

Kort daarna het ‘n ander voertuig by die kruising gestop. Die mense het vir haar gekyk, en weggery. Sy het haarself omgerol, haar foon uit haar sak gehaal en aan haar ma, wat in Vereeniging woon, en haar kêrel elk ‘n stemboodskap gestuur.

“Gelukkig het daar toe ‘n meisie oorkant die pad gestop wat my kom help het. Sy het saam met my vir die ambulans gewag.” ER24 het haar na Potchefstroom Hospitaal geneem waar sy nou behandeling kry. Haar regterbeen het baie seergekry en die vleis van haar enkel tot by haar knieg is heeltemal van die been afgeruk. Sy moes meer as een operasie ondergaan, en moes Maandag ‘n veloorplanting kry om die dooie vel bo haar enkel te vervang met vel vanuit haar bobeen. Christine beskryf die ondervinding as hel, en is veral omgekrap oor die mense wat haar kon help, wat eerder besluit het om weg te ry.

“Ek kan verstaan as die trokbestuurder nie die stopstraat of vir my gesien het nie, maar die feit dat hy weggery het, het my gebreek,” sê sy.

“Toe die volgende mense daar stop en my ook nie help nie, het ek my hoop in die mensdom verloor.”

Haar ma Ronel, wat dieselfde aand nog van Vereeniging af deurgery het en haar bystaan in die hospitaal, is baie ontsteld oor die ongeluk. “Ons is net dankbaar die Here het sy hand oor haar gehou.” Ronel vra enigemand wat die ongeluk gesien het, of weet wie die trok- bestuurder het, om hulle te laat weet by 079 938 9264. Enige iemand wat bereid sal wees om die gesin finansieel te ondersteun, kan ook dié nommer skakel.

Related Articles

Back to top button