NewsNews

Karwagte betaal middelman vir staangeld

VANDERBIJLPARK. – Om ‘n geel reflekteer jassie aan te trek en by ‘n parkeerterrein te gaan bedel is sekerlik een van die laagtepunte in elke jong of ou mens, swart of wit se lewens maar as entrepreneurs is hulle trots op hul werk en kan hulle vir hulle gesinne sorg, hoe karig ook al. Photo: …

Photo: oudtshoorcourant.com

VANDERBIJLPARK. – Om ‘n geel reflekteer jassie aan te trek en by ‘n parkeerterrein te gaan bedel is sekerlik een van die laagtepunte in elke jong of ou mens, swart of wit se lewens maar as entrepreneurs is hulle trots op hul werk en kan hulle vir hulle gesinne sorg, hoe karig ook al.

Karwagte in sekere parkeer areas in die dorp word deur middelmanne geadministreer wat geld vat van hulle vir die voorreg om op sekere parkerings te kan werk. ‘n Voormalige werker in ‘n parkeerarea in die dorp het aan Vaalweekblad vertel dat hulle sogenaamde staangeld moet betaal. Vir ‘n halfdag se werk betaal hulle R40 en ‘n voldag is R80 aan die middelman. Werks-ure vir ‘n halfdag is vanaf 07:00 tot 15:00 en voldag tot 20:00. Karwagte word gewoonlik dan in ‘n rotasie rondom die parkeerterrein geplaas wat dan veroorsaak dat hul dan in die stil areas skaars die staangeld vir die dag ontvang. ‘n Sekere ouerige dame in een van die parkeerareas het al vele dae in trane uitgebars omdat sy nie eers die staangeld kon maak vir ‘n hele dag se werk. Hierdie diens aan die publiek word in son, wind en reënweer gelewer. Die publiek wat parkeerareas gebruik en bydraes gee vir die karwagte is onbewus daarvan dat die wagte staangeld betaal in sekere parkeerterreine vir die voorreg om daar te kan werk.

Die feite is dat meeste van die wagte geen opgeleide sekuriteit ondervinding het nie en net gewone werklose persone is wat nou moet betaal om te kan werk. In een parkering in die dorp is reeds twee voertuie gesteel met karwagte aan diens. Een was ‘n gewapende roof waar karwagte hulpeloos gestaan en kyk het. Baie karwagte is skerp en sal jou motor vir jou uitwys as jy terugkeer. Maar vra meeste van hulle waar is jou voertuig en hy/sy sal nie weet nie. Word jou voertuig met ‘n deur gekrap trek hul net skouers op en sê hulle het niks gesien nie.

Die rede vir die staangeld is onbekend aan Vaalweekblad behalwe dat dit ‘n werksgeleentheid verskaf. Enige persoon wat meer inligting kan gee oor hoe so ‘n geregistreerde of ongeregistreerde “besigheid” opereer kan per E-pos aan jannie.duplessis@media24.com antwoorde verskaf.


Related Articles

Back to top button