NewsNews

ER24 neem sterwende seuntjie aan

VANDERBIJLPARK. – Wat sê mens vir ‘n ouers wat hulle kind moet groet en afstaan aan die dood binne die volgende drie weke. As vriende, familie en vreemdelinge kan mens net vir hulle bid, moed inpraat en bystaan finansieël en by wyse van ondersteuning.   ER24 het presies dit gedoen toe daar ‘n noodroep uitgaan …

 

ER24 het presies dit gedoen toe daar ‘n noodroep uitgaan om die Grobler–gesin in dié tyd by te staan. Ruan Grobler (5), word op 26 Maart  6 jaar oud en vir sy ouers, ma Christine en pa Paul is dit ‘n hartseer paar weke wat voorlê, aangesien die dokters hulle minder as ‘n maand gegee het om hul laaste tydjie saam met hom deur te bring.

Ruan veg reeds die afgelope drie jaar teen nierkanker. Sy been is ‘n maand gelede geamputeer om die aggressiewe soort kanker te probeer stop. Ongelukkig het dit nie gewerk nie en dokters by die Life Vincent Pallotti Hospitaal in Kaapstad het verlede week bevestig dat die kanker na albei sy longe, rugstring en maag versprei het. Dokters het hom huis toe gestuur om sy laaste dae saam met sy gesin deur te bring.

Ruan se ma was op soek na ‘n monitor om hom te monitor deur die aand vir waneer sy die suurstof moet op– of afstel. John Ramcharan, areabestuurder en sy span engele van ER24 het nie geskroom om te help nie en Ruan is aangeneem en het deel geword van die ER24 span. Hulle is 24 uur op bystand vir enige probleem wat Ruan se ouers mag ondervind. ER24 het ook op 15 Maart suurstof en ander toerusting by hulle huis aan die ouers oorhandig om sy laaste paar dae vir Ruan en sy ouers makliker te maak. Met Vaalweekblad se besoek saam met ER24, kon mens duidelik sien dat klein Ruan baie ongemaklik is en hoewel hy onder sterk medikasie en morfien is, kan mens aan sy gesiggie sien dat hy baie pyn het.

Ruan is ook gerigstreer  by “Cupcakes for kids with cancer” en Rochelle Crause, hoof van die die Nasionale Cupcake Dag was soos altyd, ook teenwoordig en bied ondersteuning aan die Grobler– gesin.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button