NewsNews

Skoolproduksie op die planke – kom kyk

Hoërskool Parys bied op 29 en 30 Maart ’n ware skouspel aan met hul produksie Liefde Is…/Love Is… Dié produksie is ’n unieke vermenging van musiek en sang, drama, dans en oudiovisuele materiaal – met ’n gesonde skeutjie humor bygevoeg. Leerders is vooraf uitgenooi om hulle eie bydraes in die vorm van prosa en poësie …

Hoërskool Parys bied op 29 en 30 Maart ’n ware skouspel aan met hul produksie Liefde Is…/Love Is…
Dié produksie is ’n unieke vermenging van musiek en sang, drama, dans en oudiovisuele materiaal – met ’n gesonde skeutjie humor bygevoeg. Leerders is vooraf uitgenooi om hulle eie bydraes in die vorm van prosa en poësie te lewer, en dit sal ook by die vertoning ingesluit word. Die program bestaan uit bekende en minder bekende musiek en drama, almal met die sentrale tema van liefde – liefde vir jou vriende, familie, sport en jou land, vir musiek en woorde – maar ook hoe die liefde jou partykeer kan seermaak.
Die ongeveer 90 leerders wat aan die produksie deelneem, oefen baie hard onder die leiding van ’n hele span bekwame afrigters.
Die vertonings word in die hoërskoolsaal aangebied en begin elke aand om 19:00. Plekke moet vooraf bespreek word. Spring gou om seker te maak jy kry die beste sitplekke! Kaartjies is by die finansiële kantoor van die hoërskool beskikbaar. Skakel die hoërskool by (056) 8113472 vir navrae.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button