NewsNews

Moordenaar steeds soek

Die herinneringsdiens vir die vermoorde 44-jarige Ronel Claassens, eienares van Parys Pawn & Secondhand Goods in Philipstraat, is Woensdag vanuit die Evangelies Gereformeerde Kerk in Parys gehou,  maar ’n  week ná haar moord is haar moordenaar/s steeds soek. Ronel is verlede Woensdagnag vermoedelik versmoor in haar huis in Fouchestraat. Sy het alleen gebly. Haar huishulp …

Die herinneringsdiens vir die vermoorde 44-jarige Ronel Claassens, eienares van Parys Pawn & Secondhand Goods in Philipstraat, is Woensdag vanuit die Evangelies Gereformeerde Kerk in Parys gehou,  maar ’n  week ná haar moord is haar moordenaar/s steeds soek. Ronel is verlede Woensdagnag vermoedelik versmoor in haar huis in Fouchestraat.
Sy het alleen gebly. Haar huishulp het Donderdagoggend 9 Maart op haar liggaam in die slaapkamer afgekom toe sy vir werk aangemeld het.
Volgens die polisie wil dit voorkom asof sy waarskynlik tydens ’n inbraak vermoor is. Van die goedere wat uit die huis gesteel is sowel as die oorledene se voertuig is danksy die op-en-wakker optrede van polisielede teruggekry.
Die polisie het ’n kombi met Botswana registrasienommer onder verdagte omstandighede Donderdag in die vroeë oggendure in Tweedelaan opgemerk en wou die voertuig van die pad aftrek. Met dié het die bestuurder van die kombi weggejaag en in Endstraat gestop waar hy uitgespring en weggehardloop het.
Verskeie  elektriese toebehore is in die kombi gekry. Daar is later vasgestel dat die goedere en kombi  die eiendom van die oorledene was.
Sy het sowat 2 jaar gelede van Botswana na Suid-Afrika gekom. Vriende van haar, Andre en Suzette Nortje, het Ronel as “one of a kind” beskryf – iemand wat positief was maak nie saak wat die lewe na haar kant toe laat kom het nie. Sy was lief vir die lewe, het maklik gelag, mal oor motorfietse,  Britse klassieke motors, haar honde en die buitelewe, en ’n  vriendin wat verseker baie gemis sal word.
Die lykskouiing is Dinsdag gehou en die polisie ondersoek duur voort. Enigeen met inligting word gevra om die polisie te skakel by (056) 816 2534 of die Crime Stop nommer by 08600 10111.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button