NewsNews

Maak seker jou huismense is veilig

In die lig van die skerp styging in misdaad wat ook in Parys gesien word, is dit nodig dat jy seker maak jy doen alles in jou vermoë om jou en jou gesin te beveilig. * Verseker dat alle hekke en deure gesluit is in die nag, en vensters behoorlik op knip is. Hou slegs …

In die lig van die skerp styging in misdaad wat ook in Parys gesien word, is dit nodig dat jy seker maak jy doen alles in jou vermoë om jou en jou gesin te beveilig.
* Verseker dat alle hekke en deure gesluit is in die nag, en vensters behoorlik op knip is. Hou slegs vensters oornag oop wat behoorlike, stewige diefwering het.
* Installeer ’n alarmstelsel met ’n paniekknoppie, verkieslik gekoppel aan ’n  sekuriteitsmaatskappy se beheerkamer.
* Maak seker dat al jou voertuie gesluit is.
* Moenie waardevolle items oornag in ’n  voertuig los nie, en onthou om jou motorhuis te sluit.
* Pak enige voorwerpe wat teen jou gebruik kan word weg, byvoorbeeld grawe, toue of ’n leer.
* Kry beligting vir jou erf – wanneer ligte aangaan word kriminele afgeskrik.
* Maak seker dat enige outomatiese hek ’n  bystandbeheerbattery het, en dat alle afstandbeheer in goeie werkende toestand is.
* Installeer ’n  veiligheidshek binne jou woning om byvoorbeeld die voorste vertrekke van jou slaapkamers te skei, of maak seker jy het ’n veiligheidskamer met ’n telefoon, paniekknoppie en pepersproei.
* Maak seker dat jy alle noodnommers byderhand het, insluitende die polisie, sekuriteitsmaatskappye en die ambulans.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button