NewsNews

Wreed: Hondjie se oog en oor verwyder

Die agt maande oue Jack Russel wat deur die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) gered is, soek ‘n liefdevolle tuiste na hy ‘n baie moeilike tyd deurgemaak het.

Die ergste is sy een oog is verwyder en sy oor afgensy. Hy het ook verskeie wonder en skaafplekke op sy lyf.

Die hondjie is by ‘n skool in die middestad gevind. Daar word vermoed dat ‘n kind die hondjie skool toe wou vat om sy vriende te wys, maar toe moed verloor en gemaak het asof dit ‘n rondloper hond is.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV in Bloemfontein, sê in ‘n verklaring dit lyk asof die hond se oor onlangs verwyder is. Dit is vir hulle egter baie verdag dat die hond se oog en oor verwyder is.

Die hondjie ontvang tans behandeling vir ernstige infeksie in sy gesnyde oor.

Reinet het ’n beroep gedoen dat enigeen met inligting oor wat met die hond gebeur het, of oor wie die eienaar is, na vore sal kom.Die DBV in Bloemfontein kan by 051-447-3801 gekontak word. Alle inligting sal vertroulik gehou word.Enigeen wat ’n geldelike bydrae tot die hond se sorg wil lewer, kan dit skenk aan: DBV, Absa Bank, rekeningnommer 927 910 2644, takkode: 632005.

Related Articles

Back to top button