NewsNews

Skerp styging in misdaad dui op probleme in polisie

Die skerp styging in ernstige misdaad in Suid-Afrika is simptomaties van die krisis waarin die SAPD-leierskap homself bevind, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Motorkapings, rooftogte by woonhuise en sakeondernemings het in die laaste jaar met 14,9% toegeneem volgens Nathi Nhleko, minister van polisie.

Die skerp styging in ernstige misdaad in Suid-Afrika is simptomaties van die krisis waarin die SAPD-leierskap homself bevind, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Motorkapings, rooftogte by woonhuise en sakeondernemings het in die laaste jaar met 14,9% toegeneem volgens Nathi Nhleko, minister van polisie.
Dr. Groenewald sê die jarelange leierskapkrisis in die polisie wat te wyte is aan politieke aanstellings, soos Riah Phiyega asook ondersoeke wat blyk dat dit persoonlike aksies insluit, is van die hoofredes vir die kommerwekkende styging in misdaad.
“Die VF Plus waarsku al lank oor faktore soos swak opleiding, dissipline en wanbestuur wat die getroue polisiemanne en vroue wat daar is, sonder die nodige hulpmiddele laat.
“Min. Nhleko se uitspraak dat hy bekommerd is oor die styging in misdaad, is net so ongeloofwaardig soos sy pogings om die swembad by Nkandla te verduidelik.
“Daar moet bekwame mense in leierskapsposisies in die polisie aangestel word, insluitend die minister.
“Intussen moet daar op hoogste vlak dringende maatreëls getref word om dié ernstige misdaad met groot erns en dringendheid aan te pak.
“Hoewel statistiek toon dat plaasmoorde afgeneem het, is dit slegs statistiek tot einde Desember 2016.As in ag geneem word dat in Februarie vanjaar alleen 17 mense in 40 plaasaanvalle vermoor is, dui dit op ʼn onaanvaarbare styging in plaasmoorde.
“Suid-Afrikaanse burgers kan nie weerloos gelaat word teen misdadigers in die veiligheid van hul eie huise en sakeondernemings nie,” sê dr. Groenewald

Related Articles

Back to top button