![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2017/03/ROAD0090.png)
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2017/03/ROAD0090.png)
Die baansluitings sal duur tot 22 Maart.
Fase 1, wat reeds begin het, sal duur tot 15 Maart waartydens twee bane aan die linkerkant van die noordelike ryvlak tussen 21:00 en 06:00 toe sal wees. Fase twee sal vanaf 15-22 Maart duur waartdens twee bane aan die regterkant van die noordelike ryvlak gesluit sal wees tussen 21:00 en 06:00.
Die rede hiervoor is skade wat aan ‘n gedeelte van die Garsfonteinbrug gerig is weens swaar voertuie wat te hoog is.
‘n Kontrakteur is gekry om staalplate aan die onderkant van die brug aan te bring om die brug sodoende te versterk.