NewsNews

Kyk net hoe verf die vark… en haar skilderye word vir duisende opgeraap

Dit is nie aldag wat jy ‘n dier sien wat ongewone goed doen nie. Vir Joanne Lefson van die Farm Sanctury SA in Franschhoek is dit nie meer ongewoon om die 10 maande oue sog wat sy gered het, te sien skilder nie.

Pigcasso

Pigcasso is van ‘n varkplaas gered net voor sy geslag sou word. Kort daarna het haar liefde vir ‘n kwas en verf begin. EWN het berig dat Pigcasso na verwagting teen einde April haar eerste solo-kunsuitstalling gaan hê.

Haar kunswerke het ook al bekendheid in die buiteland verwerf en een van haar skilderye is vir ‘n allemintige R23 500 deur ‘n Walliese egpaar opgeraap.

Pigcasso besig om te skilder.

Die opbrengs wat uit Pigcasso se kunswerk gemaak word, word aangewend om die lewensomstandighede van plaasdiere te verbeter.
Tussen al die verf, geniet Pigcasso ook ‘n middagslapie of twee, lekker kos en ‘n modderbad.

Pigcasso en Joanne Lefson wat haar gered het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button