NewsNews

Kyk net dié wonderlike nuus vir die Vaaldriehoek

Kwêla kies ‘n Vaaldriehoekse dorp as finalis in nasionale wedstryd

Retha Fitchat

Vanderbijlpark is hierdie week aangewys as ‘n finalis in die TV-program, Kwêla, se jaarlikse Dorp van die Jaar Wedstryd.

Besoek gerus www.Afrikaans.com om meer oor die wedstryd uit te vind. Inwoners van Vanderbijlpark kan ook vir ons dorp stem.  SMS net VANDERBIJLPARK na 33157.  (SMS’e kos R1-50).

As ons dorp wen, gaan Vanderbijlpark saam met die ander provinsies se wendorpe baie wye bemarking op TV kry, wat nuwe beleggers (en nuwe werksgeleenthede) na Vanderbijlpark toe kan bring. Dit is dus in ons almal se belang dat ons dorp wen!

Ja, ons hoor al hoe sug sommige inwoners en sê… “maar ons dorp is nie meer mooi nie…”

Vergeet ‘n bietjie van die negatiewe en kyk na die mooi wat nog vir jare hier gaan wees! Ons het pragtige winkelsentrums wat net so mooi is soos enige van dié aan die Rand; ons het pragtige historiese ou geboue soos ons munisipale kantore en die pomphuis langs die Vaalrivier. En gepraat van die rivier, waar wil jy nou mooier kry as die oewer van die Vaal by ons eie Vanderbijlpark.

Hier is ook pragtige kuierplekke soos Stonehaven en die Riverside Sun Hotel, maar die heel mooiste van alles is ons MENSE! Kom ons gaan stem saam vir ons dorp en versprei die positiewe golf!

 

 

Related Articles

Back to top button