NewsNews

Skool gaan aan, skuif tweede kwartaal

Te midde van kommer uit die gemeenskap oor die geskiktheid van die perseel met sy turfgrond waar ’n nuwe laerskool vir Parys gebou moet word, is die Dome Primary School reeds aan die gang vanaf 11 Januarie en word klasse vir die 58 leerlinge van die skool in graad R tot graad 3 tans by die A.M. Lembede skool in Tumahole aangebied. Al die ingeskrewe leerlinge is tans Engelssprekend hoewel die skool as dubbelmedium skool sal funksioneer.

Te midde van kommer uit die gemeenskap oor die geskiktheid van die perseel met sy turfgrond waar ’n nuwe laerskool vir Parys gebou moet word, is die Dome Primary School reeds aan die gang vanaf 11 Januarie en word klasse vir die 58 leerlinge van die skool in graad R tot graad 3 tans by die A.M. Lembede skool in Tumahole aangebied. Al die ingeskrewe leerlinge is tans Engelssprekend hoewel die skool as dubbelmedium skool sal funksioneer.
Die skool se waarnemende skoolhoof, Wilna van Buren Scheele, sowel as die onderwysdepartement het bevestig dat die leerlinge met die aanvang van die tweede skoolkwartaal op 18 April na die eintlike skoolperseel tussen Loop- en Delverstraat sal skuif. Daar sal aanvanklik eers in die drie mobiele klaskamers skoolgegaan word, terwyl daar ook ’n  mobiele kantoorblok met stoorkamer, personeelkamer, badkamers en kombuis) en ablusieblok is.
Van Buren Scheele en die departement het gesê alles sal in plek wees op die nuwe perseel wanneer die skool heropen vir die tweede kwartaal. Dit sluit die plaveisel, elektriese en loodgieterswerk, en meubels vir die klaskamers en kantoorblok in.
Tans behartig Van Buren Scheele ook die administratiewe pligte vir die skool, terwyl twee onderwyseresse ook reeds aangestel is. Hulle is Lia du Plessis (Graad R en Graad 1) en Corlie Joubert (Graad 2 en 3).
Die geweldige groeiende getal laerskoolleerlinge in Parys het lankal die dringende behoefte vir nog ’n  laerskool uitgewys. Verlede jaar moes ’n  graad 1 klas reeds by die Bambi Primary School gehuisves word omdat Parys Primêre skool en die Schonkenville Intermediêre skool uit hul nate bars.
’n  Vergadering is verlede week met ouers van die Dome Primary School gehou om die proses van die beheerliggaam verkiesing aan die gang te sit. Dit sal gebeur op 23 Maart. Sodra daar ’n  beheerliggaam is kan besluit word oor onder meer skooldrag, die skoolwapen, beleid en skoollied.
Die departement het vir die leerlinge skryfbehoeftes en skrifte voorsien, terwyl departementele werksboeke ook geskenk is deur die Montanus Primary skool in Johannesburg, asook die Chris van Niekerk en Vredeshoop skole.
Oor ’n  vraag of die perseel met sy kleigrond geskik is vir die bou van ’n  skool, is bevestig deur mnr. Gert Botes, Hoof Behuisingsbeampte vir Ngwathe wat ook dorpsontwikkelingsaangeleenthede hanteer, dat die grond al in die sewentigerjare vir opvoedkundige doeleindes net soos die erf oorkant Spar, gesoneer is. Of daar minstens ’n  geo-tegniese en ingenieursverslag is vir die terrein kon ten spyte van verskeie navrae nie teen druktyd by die departement bevestig word nie, maar volgens Botes behoort die destydse verslag wat gedoen is toe die erwe wat vir die grond geproklameer is, nog in plek te wees.
Dr. Moeletsi,  die Departement van Onderwys se eenheidsbestuurder vir Parys en Vredefort in die Fezile Dabi Onderwysdistrik het by navraag gesê dat hoewel daar na die nuwe perseel in Februarie geskuif moes word, weersomstandighede dit onmoontlik gemaak het. Hy het gesê mobiele klaskamers word algemeen by skole gebruik, maar is net ’n tydelike maatreël vir die nuwe skool. Hy was nie seker wanneer met bouwerk begin sal word nie.
Debbie Botes, eienaar van Parys Christelike Skool het aan Gazette gesê dat sy self nege jaar gelede toe begin is met die beplanning vir die Parys Christelike Skool meegedeel is dat die grond waar Dome Primary School gebou gaan word gesoneer is as skoolgrond. Sy het egter daarteen besluit juis as gevolg van die kleigrond wat bes moontlik bouwerk en die voorbereiding van die grond baie duur sou maak.  Sy het gesê dat veiligheid een van die  prioriteite is waar ’n  skool gebou word en dat die departement spesifiek hierna gekyk het toe die Parys Christelike Skool gebou is.

Foto onder: Wilna van Buren Scheele, waarnemende skoolhoof (middel) saam met die skool se onderwyseresse wat reeds aangestel is, Lia du Plessis (Graad R en Graad 1) en Corlie Joubert (Graad 2 en 3). Op die foto bo is van die 58 leerlinge wat reeds ingeskryf is by die Dome Primary School.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button