NewsNews

Raadslede beplan strategie

Op versoek van die nuwe munisipale bestuurder, Mnr. Bruce Kannemeyer, het raadslede die afgelope naweek ’n twee dae strategiese beplanningserssie ter versterking van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) in Parys bygewoon. Mnr Kannemeyer het verlede Woensdag sy pos as nuwe Munisipale Bestuurder opgeneem. Die IDP is ’n vyfjaarplan vir munisipale ontwikkeling wat strek tot 2021, hoewel dit jaarliks gewysig en aangepas word.

Op versoek van die nuwe munisipale bestuurder, Mnr. Bruce Kannemeyer, het raadslede die afgelope naweek ’n twee dae strategiese beplanningserssie ter versterking van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) in Parys bygewoon. Mnr Kannemeyer het verlede Woensdag sy pos as nuwe Munisipale Bestuurder opgeneem.
Die IDP is ’n  vyfjaarplan vir munisipale ontwikkeling wat strek tot 2021, hoewel dit jaarliks gewysig en aangepas word.
Gazette verneem dat mnr Kannemeyer se insette raadslede deurgaans beïndruk het, veral sy vermoë om Ngwathe se probleme te identifiseer, en onmiddellik te begin met regstellings. “Daar is ‘n nuwe gees van ywerigheid,” het Gazette by verskeie raadslede en amptenare verneem.
Inwoners word later vandeesmaand tydens openbare vergaderings oor die nuwe konsep-IDP ingelig, en hul insette word ook dan gevra.
Rdl Saal de Jager (wyk 12) nooi kiesers  uit na die vergadering volgende Dinsdagmiddag (14 Maart) in Parys se Stadsaal.
Die dag daarna (Woensdag, 15 Maart) is dieselfde bespreking om 17:30 in die Saint Leonards AME Kerk in Tumahole. “Ek vra dat inwoners in groot getalle kom saamgesels,” sê Saal aan Gazette.
“Kom vertel ons wat u sien as behoeftes vir u buurt, en vir die dorp.”
Hy sê dat items wat opgeneem word in die IDP voorkeur sal geniet in die begroting.
“Dit sal daarom waardevol wees as u ‘n uur of twee daarvoor opsy sit volgende Dinsdagmiddag.”

Related Articles

Back to top button