NewsNews

Eskom: Daar is nog tyd

Eskom, Cogta en SALGA asook verteenwoordigers van die Ngwathe munisipaliteit onderhandel tans steeds oor beide ’n terugbetalingsplan en die Eskom hulpaanbod aan Ngwathe wat hoofsaaklik die vervanging van foutiewe, gebrugde en ou konvensionele elektrisiteitsmeters behels.

Eskom moet ’n  implimenteringsplan voorlê aan die Raad waaraan hulle nog werk. Intussen is op tydelike betalings ooreengekom wat Ngwathe wel gedoen het, het Gazette verneem.
Derhalwe blyk daar nog tyd te wees vir verdere onderhandelinge totdat die volgende paaiement teen middel Maart betaalbaar is.
Hopelik sal ooreenkomste teen dan  gefinaliseer kan word, sê Ngwathe rdl. Philip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button